Man in Ermelo vas oor steroïde

Argieffoto (Foto: Jill Rose/Pixabay)

Michael van der Linde (22) sal in Junie weer in die hof moet verskyn op aanklag dat hy steroïde verkoop het.

Van der Linde is Donderdag in hegtenis geneem. “Inligting is ontvang oor ʼn persoon wat steroïde in Ermelo verkoop,” sê kapt. Dineo Lucy Sekgothodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

“Tydens die ondersoek is daar bevind dat die verdagte nie geldige dokumente het om die betrokke medikasie te besit nie. ʼn Lasbrief vir ʼn soektog is bekom en uitgevoer.”

Daar is tydens die soektog by ‘n winkel in Ermelo wat vitamine en dieetprodukte verkoop, beslag gelê op steroïde ter waarde van ongeveer R200 000 en elektroniese toerusting.

Van der Linde het in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R5 000. Die saak is tot 27 Junie 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.