Man in ernstige toestand ná bysteke

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 54-jarige man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagmiddag deur ʼn swerm bye aangeval is in ʼn natuurreservaat in Bloemfontein in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het by die reservaat gewerk. “Hy was besig om na sy voertuig te loop toe die swerm bye op hom toegesak en hom begin steek het. Hy het sy arms in die lug gewaai terwyl hy na ʼn veilige plek probeer vlug het.”

Volgens Meiring het die man se kollegas hom in ʼn voertuig gelaai en na die naaste pad geneem waar paramedici gewag het. “Die man was in ʼn ernstige toestand nadat hy nagenoeg 15 bysteke aan sy arms, nek en bors opgedoen het.”

Meiring het gesê die man is op die toneel behandel voor hy na die Mediclinic Bloemfontein geneem is vir dringende mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GERHARD ·

ek is n bye boer vir 12 jaar en het nog nooit so iets gesien nie alwanneer bye iemand sal aan val is wanneer hy die nes gepla het on te naby hulle beweeg het, bye beskerm hulle nes en koning en dis hoekom hulle sal steek, n bye sal nie net mens aanval en steek nie dis bull shit!!!!!!!!!

Nina ·

Ag, twak! My een boom het ‘n helse lot bye. Sodra ons naby die kraan kom om my hond se bak vol te maak, raak die goed beserk. SONDER dat mens naby hulle kom. Ek is amper doodseker enige grootmens weet van beter as om aan ‘n bynes te gaan karring. Tsk.

En hulle het ‘n koningin, nie koning nie. :/

GERHARD ·

Nina hulle sal want jys te naby hulle nes bye het het n area wat hulle beskerm om hulle nes veral die area wat mens noen landing strip dis die area wat die bye gebruik om na hulle nes toe te gaan of verlaat, as mens of dier in daai area beweeg of pla sal hulle jou steek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.