Die polisie het Donderdagaand afgekom op die liggaam van ʼn 65-jarige man in ʼn gastehuis in Smithfield in die Vrystaat. “Die man se liggaam was met bloed bedek en hy het ʼn steekwond aan sy nek gehad,” het ʼn woordvoerder van die polisie in ʼn verklaring gesê.
Die verklaring maak ook melding van twee verdagtes wat in hegtenis geneem is.
Volgens die woordvoerder het die polisie teen 22:10 ʼn klag van die huishulp gekry, wat ʼn geraas in die hoofgebou van die gastehuis in Voortrekkerstraat gehoor het.
“By die polisie se aankoms op die toneel was een van die verdagtes steeds in die erf. Die polisie het ʼn oproep gemaak vir bystand en by nadere ondersoek is ʼn tweede verdagte aangetref waar hy probeer wegkruip het by ʼn sportstadion oorkant die gastehuis.”
Die polisie het toe die man op sy rug in die huis aangetref. Hy was reeds dood.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem. “In dié stadium lyk dit of net die slagoffer se selfoon vermis word,” het die woordvoerder gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Weereens ‘n menselewe vir ‘n selfoon…..miskien moet ons alle selfone verban..dalk sal meer van ons mense oorlewe…
Die modus operandi van hierdie moord is tipies van Cyril se “our people” se optrede.
Al ooit gehoor dat witmense ‘n swarte aanval vir sy aardse besittings…?
Al ooit gehoor van wit plaasaanvallers ?
Hierdie daad is maar net nog ‘n manifestasie van wat Dirk Herman “rasse malheid” noem.
Hoe gek is hierdie mense werklik ?
Lyk my dit raak nou die siek nuwe mode.Hulle moet sommer van rassisme ook aangekla word.O ja swartes kan mos nie rasiste wees nie.
Die inligting in die berig is maar skraps, maar ek ruik iets.
22 en 28 jaar oud. ANCartel regime babas…
Here al wat ons lees is dood….moord doelbewuste slagting van mense…….6 kinders gedood sommer net so in n oog knip…..Is mense se lewens dan nou nikswerd…..my binneste kreun van pyn vir ons land