Man in gesig gesteek toe hy wou Uber

‘n Man is drie keer gesteek toe hy Sondag wou Uber. Foto: Via Jack Parow op Facebook

ʼn Man is Sondag in Johannesburg aangeval en met ʼn skerp voorwerp in sy gesig gesteek toe hy glo van die Uber-vervoerdiens gebruik wou maak.

Die voorval volg te midde van voortdurende konflik en geweld tussen metertaxi- en Uber-bestuurders. Mense in die metertaxi-bedryf beskuldig Uber daarvan dat Uber metertaxi’s se “besigheid steel”.

Die Afrikaanse kletsrymer, Jack Parow, het Maandag op Facebook oor die aanval uitgevaar. Hy het ʼn foto van die slagoffer, wat hy as sy vriend Dirk Agenbag identifiseer, geplaas en versoek dat gebruikers dit deel sodat geweld in die taxibedryf kan beëindig.

Volgens Parow het Agenbag ʼn Uber-bestuurder in Melville ontbied.

“Toe die bestuurder opdaag en Dirk in die motor klim, het ʼn taxibestuurder vanuit nêrens gekom en hom drie keer in die gesig gesteek. Die Uber-bestuurder het niks gedoen nie en vir Dirk gesê om uit die motor te klim omdat hy op die sitplek bloei,” het Parow gesê.

Parow het bygevoeg hy en nog ʼn vriend, Barthlo Visagie, is “die ander dag” deur taxibestuurders met pangas gedreig toe hulle buite Sandton City Mall vir ʼn Uber-bestuurder gewag het.

“Hoekom doen niemand niks hieroor nie? En moet my nie vertel dit is omdat Uber ander se werk afneem nie. Uber-bestuurders is ook Suid-Afrikaners, maar selfs al was hulle nie, hoe kan sulke optrede regverdig word? Verbeel jou ek gaan na ander kunstenaars se optredes toe en steek ander mense omdat hulle nie by my vertoning is nie. Ek gebruik Uber, dit is ʼn goeie diens, maar dit word onmoontlik om daarvan gebruik te maak.”

Samantha Allenberg, Uber se woordvoerder, het Maandag in ʼn verklaring gesê dit is ʼn “ontstellende situasie” wat deeglik ondersoek moet word. “Ons ondersoekspan is besig om na al die partye uit te reik en sal ondersteuning bied waar nodig. Ons sal ook die polisie in hul ondersoek bystaan waar ons kan.”

Sy het gesê dit is ondenkbaar dat iemand sulke geweld kan pleeg om ʼn verbruiker se keuses te beperk. “Dit is onaanvaarbaar en die polisie en regering moet ʼn sterker standpunt neem teen dié onwettige optrede.”

Allenberg het gesê Uber is toegewyd tot die veiligheid van almal wat van die Uber-app gebruik maak. “Ons doen alles wat ons kan om voorvalle te voorkom en bystand aan bestuurders en passasiers te bied, maar die regering en owerhede moet ingryp en sterker optree om hierdie geweld te beëindig.”

Meer inligting oor die aanval was nie dadelik beskikbaar nie. Maroela Media het by die polisie navraag gedoen en wag nog vir terugvoer. Agenbag se toestand was nie dadelik bekend nie. Sy familie het versoek dat die media sy gesig om privaatheidsredes verbloem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lynette ·

Hoe kan die ander taxi bestuurders se dat Uber hulle kliente steel? Geen persoon met n goeie IK sal in hulle taxis ry nie. J6 waag jou lewe om in hul kombis te klim.

Theresa ·

Absoluut! Die mense verbeel hul hul kan doen net wat hul wil en nogal mense dwing om van hul aaklige diens gebruik te maak!!! Nie eers as dit al publieke diens was nie, sou ek of enige een wat ek ken van die taxi-diens in ons land gebruik maak nie. Daar is net te veel argwaan, ongedissiplineerdheid, rebelsheid en geen benul wat bestuur is, in dié bedryf. O ja, en die spoedoortredings en verkeerde kant van sperstrepe ry – dit vat die koek en jaag beslis enige pendelaar weg. Mev. Allenberg – dis so ‘n ernstige saak! Uber bied vir baie mense ‘n alternatief op goeie, ordentlike vervoer. Maar, dis nie die eerste keer dat mense beseer word of jul taxi bestuurders gedreig word nie en selfs al skade berokken was nie?! Dit maak jul diens wat gebied word bykans onmoontlik om met ‘n geruste hart gebruik te word. Vra hulp en beskerming by die regte plekke. Daar moet so ‘n alternatief wees en jul kan dit wees, mits dit veiliger gebied word.

Mariska Kruger ·

Snaaks dat ‘n random kar daar staan en onmiddelik weet die taxi bestuurder dis ‘n uber voertuig. Ons ry nie met hulle taxi’s nie, hoekom die diens van ons wil weghou? Ek wil veilig by my bestemming kom, nie aan my handsak klou vir alles wat hy werd is nie. Inside Job

Boertjie ·

Nee Mariska, dink nou mooi. Die Uber-app op jou slimfoon wys voortdurend as daar Uber-voertuie in die omgewing is. So die taxi-skarminkels maak ook gebruik van die app om te sien waar die voertuie is, en sien as daar mense in die voertuie klim. So maklik soos dit. Defnitief nie Inside Job nie.

Helen ·

Ja ek verstaan dat sy se die staat moet ingryp en Uber help met die aanvalle en en en. Maar hoe kon die uber man vir die klient se hy moet uit sy kar klim want hy bloei? Watse gedrag is dit? Ek vra maar net?

Bromponie ·

Ek sit nou self en wonder oor dit. Genade, hoe selfsugtig is dit nie eintlik nie.

Toemaar ·

Toemaar die hartelose UBER bestuurder is volgende keer aan die beurt hy weet dit net nog nie, hy moes die man gehelp het en hom selfs hospitaal toe gevat het as hy enigiets werd was, maar aangesien hy bang is vir ‘n ander se bloed op sy sitplek MOET HY MAAR SELF BLOEI in sy eie uber taxi.

Ander Annie ·

Uber bestuurders word doodgemaak en hulle karre word aan die brand gesteel. Die werkloosheid van “metered taxis” se bestuurders moet dringend deur die Polisie aangespreek word. Ek as ‘n kliënt moet self besluit van wie se dienste ek gebruik wil maak. Dit is my geld. Daardie taxi bestuurder moet aangekla word van aanranding om ernstig te beseer.

christa ·

Parow, wat ook al gebeur dit sal nie stop nie. As geweld in jou is, sal niks dit uitkry nie.

Leahim ·

Hier is nog n geval waar die polisie bewus is van die taxibestuurders wat oorlog verklaar het teen uber omrede hulle geen kompetisie toelaat of verdra nie maar niks gaan gedoen word en die vraag wat ons moet vra is hoekom het ons polisie nodig gebruik die belasting geld wat ons op hulle mors en stel privaat sekuriteit aan om saam met die Uber te ry en kliente te beskerm

Nonnie ·

Vir diesefde afstand betaal ons in die Kaap vir Uber R26.00, maar die Taxi vra R70. Dan wil die Taxi eienaars weet hoekom mense nie van hulle diens wil gebruik maak nie!

Theresa ·

Al vra ‘n taxi drywer R10 sal ek dit geensins gebruik nie. Uber is nie oral goedkoop nie, maar beslis ‘n beter keuse. Pla my om te dink hul het ‘n manier om uit te vind wanneer iemand ‘n uber bestel het. Nywerheidspioenasie? Radio’s op dieselfde of maklik opvangbare golflengte – hoe weet hul?

zoom zoom ·

Ongelukkig word SA beheer deur zumas guptas sekere vakbonde en taxis. En wat ook hulle doen hulle is nooit skuldig nie. Hulle is onaantasbaar. Word ook altyd vry gespreek deur die NVG.

Theresa ·

Hoop die jongman sterk vinnig aan. Hoop hy het ‘n saak van ernstige aanranding of sommer poging tot moord gaan aanhangig maak.

Jeannie ·

Ek het vandag 3 keer Uber gebruik. Dit was die heel eerste keer in my lewe dat ek taxidiens gebruik. Ek kan net met lof praat oor die vriendelikheid en respek waarmee ek as vrou behandel is. Sal dit weer gebruik, want dis MY keuse wie ek betaal. Ek sal nooit n taxi gebruik nie. Ek stem saam iets sal moet gedoen word om ons te beskerm wat van Uber gebruik maak.

KLM ·

Die ubers is baie duur. Van 1 gebruik gemaak uit nood. R250 net van Sinoville tot Pta Stasie vir n enkel trip.

Snoefels ·

Jy het seker in verkeer gery, jy betaal per minuut ook jy weet

André ·

En nou is die doodskisstorie so lank in die nuus en die ou in die kis het niks oorgekom nie. Die mense van die KFC voorval het ook niks oorgekom nie.
Mense wat Uber gebruik word aangerand en die motors aan die brand gesteek, mense op plase en kleinhoewes word aangerand, verkrag, gemartel en doodgemaak en dit haal skaars die nuus. Dit gaan my verstand te bowe. Ons wit mense gaan vir altyd die prys betaal a.g.v appartheid. Ek dink hulle sal eers gelukkig wees as al die wit mense doodgemaak is.

anton ·

Miskien moet ek mense begin rond vervoer in my privaat motor.
Klink mens kan geld maak en hoef nie belaglike pryse te vra nie.

Toy ·

Die taxibestuurder het nou presies gewys hoekom mens nie n taxi moet ondersteen ni. Vat sy taxi en sluit hom toe vi poging tot moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.