Man in hegtenis geneem wat glo voetganger sleep

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

ʼn 45-jarige man is Sondagaand omstreeks 20:40 deur beamptes van die Uitenhage-polisie in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur.

“Die verdagte het glo ʼn klub in Durbanstraat in Kariega verlaat en toe hy wegry, het ʼn ooggetuie hom voorgekeer om hom in kennis te stel dat iemand onder sy motor gesleep word,” het kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê.

Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied. Die onbekende manlike slagoffer, ʼn voetganger in sy 40’s, is dood verklaar.

“Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem op die twee aanklagte en het Maandag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.”

Swart het verduidelik daar is nog talle bewyse soos onder andere die bloedtoets uitstaande en die saak is nie op die rol geplaas nie. “Die ondersoek duur voort. Sodra al die bewyse ingesamel is, sal die dossier weer aan die hof oorhandig word.”

Die polisie waarsku motoriste om nie te bestuur ná hulle alkohol verbruik het nie en om eerder ʼn verantwoordelike persoon te kontak om hulle te kom haal of van alternatiewe vervoer gebruik te maak om by die huis te kom.

Enigiemand wat inligting oor die saak het word versoek om die ondersoekbeampte ao Deon Roos te kontak by 079 896 8148. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Die dronkryer het verseker nou n groter kopseer as net babelaas, sterkte aan die slagoffer se mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.