Man in hegtenis ná bekende diereliefhebber se ‘selfmoord’

Annel Snyman (38) saam met een van haar geliefde leeus. (Foto: Facebook)

ʼn Man (44) is Donderdagoggend in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo in hegtenis geneem ná die dood van die bekende eienaar van die Loebies-roofdierpark, Annel Snyman (38). Die verdagte was bekend aan haar.

Snyman se liggaam is in September in die badkamer van ʼn lodge naby Winterton in KwaZulu-Natal ontdek. Sy en haar vriend was daar op ʼn wegbreekgeleentheid. Aanvanklik is gesê Snyman het haar oënskynlik met ʼn rekverband agter die deur gehang, maar vir haar familie was daar net te veel vrae oor die omstandighede rakende haar dood.

Die polisie in KwaZulu-Natal het destyds by navraag aan Maroela Media gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is begin ná Snyman se dood. Die saak is ná ʼn indringende ondersoek na een van moord omgeskakel, het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, vandag bevestig.

Annel se ouer broer, Nardus Snyman (48), het Donderdag gesê die familie kon net nie glo dat Annel haar om die lewe gebring het nie. “Ek ken my suster. Sy is ʼn yster.”

Hy en sy pa, Hennie, het ook self die toneel besoek waar Annel gesterf het. “Ek het toe al gesien hier is ʼn helse slang in die gras.”

Weens die talle vrae wat hulle ná haar dood gehad het, het Annel se familie op ʼn tweede, private nadoodse ondersoek aangedring en die bevindinge hiérvan is aan die ondersoekbeampte oorhandig. Die familie het ook deurlopend die verloop van die ondersoek gevolg. Volgens Nardus is ʼn forensiese span van die polisie ná die voorval weer terug na die huis waar Annel dood is om die toneel te rekonstrueer.

“Ek is baie beïndruk met die ondersoekbeampte. Hy was baie deeglik en het regtig baie trots in sy werk,” het Nardus gesê.

Nardus en Hennie het vanoggend toegekyk toe ʼn ondersoekspan uit KwaZulu-Natal die verdagte by sy huis op Bela-Bela in hegtenis geneem het. “Ek is eerlik met jou, dit was nie lekker nie. Hy het ook ʼn familie en ek kry hulle baie jammer,” het hy gesê.

“Ek verstaan nie hoekom mense [na bewering] sulke goed doen nie, maar die gereg moet sy loop neem.”

Hy het gesê dit gaan in dié stadium nog bitter moeilik met sy pa en ma, Antoinette. “Ek dink ʼn mens sal dalk eers berusting vind as die saak afgehandel is. My ouers cope, maar hulle kry swaar.”

Mbele het gesê die verdagte verskyn na verwagting Vrydag in die Weenen-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Heksie ·

Ekt gedink hier’s hiers ‘n laaaannngg slang in die gras

Gertryda ·

Ja nê vandag is enigiets moontlik. Mense kan nie vertrou word nie

Jammer ·

Jammer as jy nie geld het vir privaat ondersoek kom mense weg met moord.

Jip ·

Dit is so. Daar geen hulp of bystand vir abused vroue nie. As jy nie geld het om jou eie prok te betaal nie moet jy maar op jou eie probeer.

Ekke ·

Verseker het iemand nie mooi gelees wat met Jason Rhode gebeur het nie?

Jessica ·

I’m telling you, these serial killer’s are on a roll, but don’t think clearly, may he sit and rot in hell to. Just don’t understand what goes though they minds to murder they partner’s.

This put’s me totally off from men, it’s tp scary out there in this day and age. Single life is much better, no stress when they will kill you in your sleep or when you awake.

Lizelda ·

My eerste gedagte ook! Het d persoon nie gesien daai gaan nie werk nie.

oopdeur ·

badkamers in hierdie land sal veiliger vir die skoner geslag wees as die deure daarvan deur bouwetgewing en regulasies verbied word .

Lizelda ·

Dis d 3de vrou wat ek inniv kan aan dink wat in n badkamer vermoor is.

Gesiggie ·

Ek is saam jul verlig, dat hierdie man wat verantwoordlik was vir Annel se dood gevang is, sodat jul net so n bietjie berusting kan kry? Sterkte aan jul as n familie.

Niklaas ·

Ek onthou van die eerste dag af was daar baie twyfel en soveel mense het skepties gekyk na die hele situasie. Nou lyk dit besonder baie soos n Jason Rhode saak herhaling. Ek is bly dat die familie dalks klaring en antwoorde hopelik nou sal kry.

Melanie ·

n Pragtige mens, binne en buite.. ek en my man was bevoorreg om haar te ontmoet.. en haar passie vir haar wilde diere was onbeskryflik en hulle was weer so lief vir haar!! ek glo die diere mis haar ook, want sy wat n groot gedeelte van hulle… So tragies. ek hoop geregtigheid skiet, en hetsy hy familie het of nie, Anel het ook n familie gehad…

Bella ·

Behalwe vir my innige meegevoel vir Annel se mense het ek die grootste respek vir hulle. Ten spyte van al hul onbeantwoorde vrae het hulle op n stadium gevra dat mense die “rumours” moet staak. Hierdie is respekvolle eerlike Godsmense. Sterkte vorentoe – mag jul antwoorde en Heilige Berusting vind

Christa ·

Self gedink dit klink Soos n Jason daad van die begin af. Dink aan die oorledene se families. Sterkte.

SM ·

Hoekom moet ‘n verhouding so eindig? Just walk away.. dit vat tyd… ek weet dis maklik om so ‘n statement te maak.maar mens moet aanbeweeg sonder om chaos te veroorsaak… 12 jaar terug geskei en dit was moeilik. Vandag goeie vriende. Verstaan nie die maak iemand dood scenario nie. So jammer vir die great vrou en familie en vriende.

bokke ·

Ek neem aan dis die betrokke vriend wat in hegtenis geneem is?

Maria ·

Sien so baie en raak al hoe meer. ….Maak n mens skoon bang om n verhouding te he en wil nie vermoor word op so manier nie sad. Om singel te wees dalk die veiligste manier.

KaterinaKat ·

Wat maak jou so seker sy het selfmoord gepleeg? Klink vir my asof sy baie gehad het om voor te lewe. Is jy n goeie vriendin van die man wat in hegtenis geneem is? Platoniese vriendin? Lewenslange vriendin? Ek wonder net hoe jy so seker kan wees hy is onskuldig en sy het selfmoord gepleeg.

Corrie Pretorius ·

As gemeenskap dra ons hul in ons gebede op. Die gereg moet sy gang gaan. Di hartseer vir hul pragtige dogter en suster is pynlik. Geregtigheid sal geskied ons vertrou op ons Skepper vir hul vertroosting

Feite ·

Die feite is, die man sou nie gearristeer word en al die pad Winterton toe geneem word as daar nie bewyse / vermoede van vuilspel was van die polisie se kant af nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.