ʼn 29-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem vir die moord op vyf familielede in Hillbrow in Gauteng.
Die man is by sy huis in hegtenis geneem ná ʼn intense soektog deur die Gautengse ondersoekeenheid en ʼn wenk van die gemeenskap.
Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens wat vermoedelik as moordwapens gebruik is.
Volgens die polisie het die man gedwonge toegang tot die perseel verkry voor hy op 20 Februarie drie vroue en twee kinders in die bolyf geskiet het. Al vyf slagoffers is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir die moord is nog onbekend. Die man sal na verwagting einde Maart in die Hillbrow-landroshof verskyn op vyf aanklagte van moord.
Die polisieondersoek duur tans voort. Enigiemand met inligting oor die motief word versoek om die polisie te bel by 0860 010 111.
Ek dink as moord, verkragting en geweldadige roof internasionale sporte was, sou ons land al die medaljes ingepalm het en ELKE jaar ‘n nuwe wereldrekord opgetel het!!!
Christa praat jy daai ding, vergeet nie ons strawwe wat op gelê word deur ons howe.
Die ding het lank reeds handuit geruk, vanoggend het ‘n vreemde man my vir R6 gevra, toe ek vir hom sê “jy is by die verkeerde adres” , sê hy vir my “maak jou hek oop jou kat wil ingaan. Hoe dom sou ek wees
Glo nie iemand het werklik raad vir die soort ding nie
Ras en nasionaliteit (hillbrow is VOL buitelanders) word nie in die berig genoem nie.
Jaco…. dit is nie nodig vir MM om enigsins iets te noem nie…. dit moes n witman gwees het…. sy saak kom eers aan die einde van Maart voor….
Ras of kleur maak nie saak nie … jy moet sielloos wees om so iets te doen