Man in hof ná afgetrede boer dood gevind word

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 22-jarige man het Maandag in die Joubertina-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van moord op die 69-jarige Norman Ludwig.

Jason Witbooi word daarvan beskuldig dat hy Ludwig, ʼn afgetrede beesboer, vroeër vandeesmaand op sy plaas Valleisig aangeval en vermoor het. Die saak teen Witbooi is tot 2 November uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding tot dan.

Maroela Media het vroeër berig Ludwig se liggaam is op 5 Oktober deur ʼn familievriend buite sy huis op ʼn plaas sowat 10 km buite Joubertina aangetref. Hy het hoofbeserings gehad en die huis was geplunder.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê Witbooi is Vrydag in die Louterwater-gebied in verband met die moord in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

Koos de Meyer. ·

Wees gewapend en vertrou niemand maar niemand nie. Ons lewe in bose wettelose land.

Alida ·

Waarvoor wil hy borg he? Om dieselfde walglike daad weer en weer te pleeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.