Man in hof ná bankmoord

Helen Jansen van Vuuren by haar man Corrie. Foto: Facebook.

ʼn 23-jarige verdagte het in die Douglas-distrikshof in die Noord-Kaap verskyn nadat ʼn 61-jarige vrou vroeër die week in ʼn bank ten aanskoue van kliënte en personeel vermoor is.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Tebogo Masire het Donderdag in die hof verskyn en die saak is tot 1 Oktober uitgestel. Hy word van moord en gewapende roof aangekla en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.

Masire is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem nadat Helen Jansen van Vuuren vroeër die oggend in ʼn Absa-tak vermoor is. Masire is in Breipal in hegtenis geneem. Daar is ook op kontant, klere, ʼn sak en ander goedere beslag gelê.

Jansen van Vuuren het omstreeks 08:30 vanaf haar werksplek, wat in die dieselfde sentrum as die Absa-tak is, gestap om geld te deponeer. Kock wou nie die presiese bedrag bevestig nie, maar sê dat dit ʼn “groot” bedrag was.

Die skermskoot wat op sosiale media versprei is.

“Die vrou was binne die bank in die ry by die kassier toe die man van agter kom en haar na bewering drie keer met ʼn mes gesteek het,” het Kock gesê. Jansen van Vuuren is op die toneel oorlede.

Die man, geklee in ʼn oranje oorpak, sonbril, handskoene en ʼn sweetpaktop met ʼn kappie, het daarna met die geld van die toneel gevlug. Die polisie is onmiddellik na die toneel ontbied. ʼn Skermskoot van beeldmateriaal wat in die bank geneem is, is kort hierna op sosiale media versprei.

Wynand Boshoff, provinsiale leier van die VF Plus in die Noord-Kaap, het vroeër gesê die beeldmateriaal van die man moet as wekroep dien vir almal in Suid-Afrika oor die omvang van geweldsmisdaad en om te alle tye waaksaam te wees.

“Douglas is as ʼn veilige en vreedsame omgewing bekend. Die VF Plus sal die betrokke bank om antwoorde nader aangesien dit moeilik is om te begryp hoe dit vir die rower moontlik was om met ʼn mes en bedekte gesig in die bank rond te beweeg,” het Boshoff gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

PJC ·

Wat het die ander mense in die bank gedoen om te help tydens die aanval of was almal te bang of wou nie betrokke raak nie.

Tanzie ·

Hier kort baie antwoorde. Hoe kom ‘n persoon wat so gekleë is in ‘n bank, selfs in ‘n winkelsentrum in? Hoe het hy juis geweet om spesifiek hierdie vrou aan te val? Nee, hier is iets aan die gang!

Lientjie ·

Hy het haar geken en saam met haar gewerk by Spar en vorige werk as sekerheidsbeampte, so hy het haar bewegings presies geken. Dit is net snaaks dat, nie die bank of die sekerheidsmaatskapy ‘n piep geluid oor hierdie voorval gemaak het nie.

Eish ·

Douglas was n stil en veilige dorpie.
Na die berigte oor GWK in Douglas en die groot bedrae wat daagliks gebank word, gaan daar n toestroming van kriminele wees. Skerp op jul sekuriteit!

Alida Engelbrecht ·

sopbeen, nie alle banke het daardie fasiliteite nie. Veral nie in die platteland nie. Jy staan in dieselfde ry as mense wat geld kom depponeer, lone trek of kleingeld kry. Ek het geglo jy is darem veilig binne in die bank !

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom staan iemand met groot bedrae geld in ‘n ry by die bank? By my bank is daar ‘n spesiale fasiliteit waar persone met groot deposito’s deur ‘n veiligheidsdeur stap, en binne in ‘n toe vertrek gehelp word……….een persoon op ‘n slag?

SNEL ·

Gaan hy ook so oor die vingers getik word soos die ou wat die Brits-pa dood gesteek het in die padwoede vooral?

Joy ·

Ek het een vraag! Hoe is dit moontlik dat jaar werkgewer ñ vrou alleen bank toe gaan met so ñ groot bedrag geld?????? In SA doen mens eenvoudig net nie meer so iets nie! Sterkte aan haar man en kinders, familie, vriende en kolegas, mag hulle credentials vind

pinkie ·

Hoe het hy ingekom in die bank?? Hoe het hy dit reggekry om die bank te verlaat??

IB ·

Het ABSA al n woord gerep oor die voorval? Ek het nog niks gesien nie.

Hanna Hoekom ·

Die bank se sekuriteit moet ook verantwoordelik gehou word. Kla hulle aan as medepligtigdes. Inside job all the way!

zoom zoom ·

Die bank gaan en sal niks sê mie want dan word daar gesê hulle is rassisties

Poot ·

Die doodstraf is al wat dinge in hierdie land weer laat sal bedaar.

GM ·

Ag Poot, jy sien hoe sekere groepe oor hul vingers getik word (baie liggies) as dit kom by een of ander ‘rassistiese’ voorval, en ‘n ander groepie kry tronkstraf. En nou wil jy hê die doodstraf moet teruggebring word. Jy kan mos nou raai wat gaan gebeur?

Johan Schoeman ·

Dan het nog die meeste mense hul testamente by Absa! Ek kan nie glo dat ons so naïef kan wees nie. Wie gaan eendag jou naasbestaandes ondersteun en jou boedel beredder? Absa, jy moet twee keer dink!

Anel ·

ABSA gaan dringend moet reageer oor hoe so n gekleede persoon die bank mag binnegaan!! Julle sekuriteit vir julle lojale klante bestaan geensins!!

Cindy ·

Ek wil ook graag weet hoekom so n geklede persoon in n bank in. Wat nou nog van rond beweeg. Dit is duidelik hy wou n roof doen.

Lindtjies ·

Dit was pure laksheid van die sekuriteit se kant af. Hoe hy aangetrek was is mos duidelik dat hy daar is om te roof. ‘n Onskuldige vrou moes met haar lewe boet. Die verskoning dat mense werkloos en honger is gaan seker weer as verskoning gebruik word.

Se maar net 1 ·

Laksheid vd sekuriteit vd bank of samewerking van hul kant af?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.