ʼn 23-jarige man het Maandag voor ʼn Kaapstadse hof verskyn nadat hy vroeër verlede jaar ʼn oneerlike eis by die padongelukkefonds (POF) ingedien het.
Cheslyn Shaundre Trouncelle het beweer hy was ʼn passasier in ʼn motor wat betrokke was in ʼn eenmotor-botsing waarin die bestuurder in Delft, op die Kaapse vlakte, dood is.
Trouncelle het gesê hy kan nie enige besonderhede oor die ongeluk onthou nie, maar vermoed hy sal ook nooit klarigheid oor die saak kry nie omdat daar nie ander motors in die ongeluk betrokke was nie.
Hy sê sy lewe het ingrypend verander ná die ongeluk.
Simone Liedeman, die staatsaanklaer, het egter Maandag in die hof bewys dat Trouncelle die bestuurder van die motor was, en dus nie geregtig is op ʼn eis van die padongelukkefonds nie.
Die POF het die eis van die hand gewys.
Trouncelle sal weer op 28 Junie in die hof verskyn wanneer hy gevonnis word.