Man in hof ná bedrog op afspraakwebtuistes

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

ʼn 27-jarige man het Maandag in die Bellville-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hy glo mense op ʼn afspraakwebwerf uit geld en “duur geskenke” bedrieg het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Tochukwu Christopher Udeh is verlede week deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade vasgetrek. Udeh is glo deel van ʼn sindikaat wat in Kaapstad bedrywig is.

Volgens Nkwalase teiken dié sindikaat mense op ʼn afspraakwebwerf deur vals profiele te gebruik om slagoffers te lok. Daar word dan met slagoffers gesprekke aangeknoop wat lei tot telefoonoproepe, e-posse en WhatsApp-boodskappe.

“Die niksvermoedende slagoffers word uiteindelik geflous om geld aan die sindikaat oor te betaal of duur geskenke te koop en aan hulle te stuur.” Volgens Nkwalase is die sindikaat se modus operandi altyd dieselfde.

“Die polisie het tydens die ondersoek beslag gelê op ʼn besending skootrekenaars, slimfone, bankkaarte en dokumente van ʼn slagoffer van Australië.”

Die saak teen Udeh is tot 27 Augustus uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek wonder soms hoe desperaat sekere mense moet wees om hulle tot sulke “romanse” te wend? Dit is eintlik hartseer! Almal weet van hierdie slenters en tog val mense daarvoor… Hoop daar word n goeie voorbeeld van hierdie skurke gemaak.

Annamarie Olivier ·

Duidelik is hierdie nie ‘n Suid Afrikaner.
Al die kriminele kom na Suid Afrika want die polisie is hulle buddies en geniet die voordeel saam met hulle.

ai ·

Ja die land van geen wette en regulasies. n Maklike teiken en skuilplek en as jy tronk toe gaan nog beter want dan het jy regte wat die wetsgehoorsame nie het nie.

jakes ·

Weereens nog n skelm manier om geld te maak. Meeste van hierdie webwerwe waar jy n metgesel kan ontmoet het fiktiewe profiele van dames of mans wat genader kan word. Party mense is so onnosel dat hulle alles glo wat hierdie sluwe mense op hul webwerwe plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.