Man in hof ná Centurion-seun se dood

Ruan (Foto: Facebook)

ʼn Man het Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met die dood van Ruan Viljoen.

Centurion Rekord berig Siphiwe Mahlaba (29) het op aanklag van strafbare manslag verskyn. Volgens die berig het landdros Frans von Reiche die saak tot later vandeesmaand uitgestel vir blootlegging van die dossier aan die verdediging.

Viljoen (18 ten tyde van sy dood), wat in 2016 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer het, se liggaam is in Maart verlede jaar in die vroeë oggendure ʼn paar honderd meter van sy motor langs die N14-snelweg gevind.

Anita Greyvenstein, Viljoen se ma, het voorheen aan Maroela Media vertel haar seun het vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna die motor oor die middelman en die teenoorgestelde bane gery het voordat dit aan die ander kant van die pad teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

Viljoen was in staat om uit die motor te klim en het sy selfoon gevat, die motor gesluit en was vermoedelik op pad na ʼn nabygeleë vulstasie om sy ouers te bel toe hy deur ʼn motor doodgery is.

Die skuldige in die ander motor het van die toneel af weggejaag en Greyvenstein het ná die ongeluk onderneem om nié te rus tot die skuldige vasgetrek word nie.

Anita by haar seun Ruan.

Mahlaba is glo die eienaar van die voertuig waarvan parte op die toneel gevind is en wat vermoedelik in die botsing betrokke was wat Ruan se lewe geëis het.

Mahlaba is gedagvaar om die in hof te verskyn. Greyvenstein het gesê gister se hofverskyning “was verskriklik”.

Sy het vroeër aan Maroela Media gesê dit sal tog ʼn mate van berusting bring indien die skuldige in die voorval eindelik boet.

“Ons hoop natuurlik dat die skuldige gestraf gaan word, maar dit gaan nooit my kind terugbring nie. Maar in ʼn mate sal dit seker berusting bring. Dit maak ʼn mens klaar om nie te weet wie verantwoordelik is vir hierdie seer nie.

“Maar ons wou antwoorde hê. Hoe kan ʼn ma so iets net los? Jy kan nie. Ek sou nooit nie. Al sou dit my 20 jaar geneem het of selfs tot die dag dat ek my kop neerlê, ek sou aanhou baklei het; ek is dit aan Ruan verskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Albaster ·

Eks bly diue man is opgespoor en ek hoop dat reg sal geskied. Ons suid afrikaners moet eintlik nie meer net hoop dat reg geskied nie, ons moet dit afdwing.

Wonderlike nuus! ·

Ek glo en vertrou dat hierdie man die straf sal kry wat hom toekom!

Hanna Hoekom ·

Watter tipe mens ry iemand dood en jaag doodeenvoudig van die toneel af weg? Hy kon ten minste die slagoffer probeer help het… Meneer, ek hoop jy word swaar gestraf. So haal jou sondes jou in.

Lana ·

Ek is bly dit is al tot in die hof. Mag die persoon wat verantwoordelik is vir Ruan se dood boet.

wielie ·

Hoe leef mens met jou gewete saam as jy so iets doen?? Hoe slaap jy?

Liezl ·

Ons moet vergewe, maak nie saak wie doen wat nie, dit is ongelukkig onsself wat moet vergewe.
Gaan google die liedjie gesing deur Matthew West.
“The song was inspired by the true story of Renee Napier, who chose to forgive Eric Smallridge, a drunk driver who took the life of her 20-year-old daughter. It’s the hardest thing to give away.

And the last thing on your mind today
It always goes to those who don’t deserve
It’s the opposite of how you feel
When the pain they caused is just too real
Takes everything you have to say the word
Forgiveness, forgiveness
It flies in the face of all your pride
It moves away the mad inside
It’s always anger’s own worst enemy
Even when the jury and the judge
Say you’ve got a right to hold a grudge
It’s the whisper in your ear saying set it free
Forgiveness, forgiveness
Forgiveness, forgiveness
Show me how to love the unlovable
Show me how to reach the unreachable
Help me now to do the impossible
Forgiveness, forgiveness
Help me now to do the impossible
Forgiveness
It’ll clear the bitterness away
It can…

Anoniem ·

Mag die feit dat Mahlaba soos ‘n lafaard weggery het, as verswarende omstandighede dien. Hy het seker gedink niemand gaan ooit weet dit was hy nie!

Alle sterkte en beste wense aan die moeder.

Amanda ·

Mev Greyvenstein, jy is my hero en ek stem 100% met jou saam!

Cherokee ·

Anita, ek ego Amanda se woorde. Soos Amanda bewonder ek jou daarvoor. Al sing jy dalk vorentoe Liezl se lied, verdien jy ons opregte bewondering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.