Man in hof ná Diwali-uitlatings

Argieffoto

Argieffoto

Dawie Kriel het Dinsdag in die Durbanse landdroshof verskyn nadat hy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het oor Diwali-vieringe.

Kriel staan tereg op ʼn aanklag van crimen injuria oor die plasing op sosiale media.

Landdros Thema Sishi het die saak tot 27 Januarie uitgestel om sy nuut aangestelde prokureur, Logan Padayachee, die geleentheid te bied om voor te berei om te pleit. Kriel het tydens ʼn vorige hofverskyning aangedui dat hy van voornemens is om skuldig te pleit.

Talle ondersteuners van die DA en die ANC het die verrigtinge bygewoon. Byna 80 lede van die twee partye het buite die hof gedans en plakkate rondgewaai waarop Kriel se naam verskyn en rassisme verwerp word.

Diwali is die Hindu- fees van ligte, en simboliseer vir gelowiges die oorwinning van lig oor donker, goed oor kwaad, kennis oor onkunde, en hoop oor wanhoop. Die Diwali-vuurwerkvertoning in Durban is jaarliks ʼn twisappel tussen diereliefhebbers en diegene wat Diwali met vuurwerke wil vier.

Maroela Media het vroeër berig Kriel het die inskrywing vinnig verwyder en om verskoning gevra. Hy het gesê hy het die aand met troeteldiere gewerk wat deur die vuurwerke geraak is. “Ek was so emosioneel toe ek die inskrywing gemaak het. Ek het dit vinnig uitgevee, maar dit was te laat. Ek verstaan dat dit pyn en woede veroorsaak het, maar ek wil ook graag hê hulle moet my pyn en woede verstaan toe ek met die diere gewerk het,” het Kriel aan East Coast Radio gesê.

Lees alle vorige berigte oor Dawie Kriel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Blom ·

Nou wnr is die “res” van die mense se verhoor wat rassistiese uitlatings gemaak het op Facebook… Lyk my net die blanke ras word aangekla…. Wonder net hkm almal nie onder een kam gekam word nie… wat mos vir een tel tel vir die ander…

callie ·

Jy moet buitendien hulp kry as jy so min vir diere voel deur vuurwerke in dorpe af te vuur. Het geleer ,mense wat diere mishandel is hulself erger as n dier.

Danie ·

Sekere mense gaan hier in ‘n reuse tweestryd wees. Hier moet gekies word tussen twee afgode: Diere bo alles en Hinduïsme se perverse lawaai (lig-, lug- en lawaai besoedeling).

Pop ·

As ons lief is vir Godgeskape diere (wat beter in alle opsigte as die mens is) is dit baie beslis nie afgode aanbidding nie. God het dit goedgedink om hulle afhanklik van ons te maak. Diereliefhebbers is Godvresend want hulle respekteer alles wat God geskape het, hetsy dier of plant.

Kobus 4e ·

Pop, my bybel se dat die mens, nie diere nie, na die beeld van Gog geskape is. Nou wil jy vir my kom se dat diere beter as die mense is, in alle opsigte. Miskien het jy dit nie so bedoel nie maar ek dink dit is n foutjie van jou kant af ? Ek kannie glo dat God vir die “slegter” mense beveel het om te heers oor Sy skepping, ingelsuit die “beter” as mense, diere nie.
Ek se ook soos Danie, wees versigig dat jy nie ‘n afgod van diere maak nie.

Martin ·

Hier kom die groot geeste. Dit gaan oor oor veldbrande hoor.

snoefie ·

wat maak afvuur van vuurwapens in beboude gebiede om familie lewens te beskerm n kriminele oortreding, maar afvuur van enige vuurwerke in beboude gebiede n godsdienstige of nuwejaars tradisie?

Jean ·

Ja ai kom ons mors die hof se tyd en geld met DIWALI aanmerkings wat geensins HAATSPRAAK was nie, en ons los die MOORDENAARS en ander RASSISTE Wat KILL ALL WHITES op hulle T-hemde skryf and lets slaughter all whites, chop them up and cook them for our DOGS op FB .. Die feit bly staan die afvuur van vuurwerke is steeds TEEN DIE WET in party areas, so hoekom vervolg julle nie die KLAER in plaas van die man wat ‘n aanmerking gemaak het nie.Nout die DA weer lekker saamgedans, lyk vir my ons is saam met die VYAND In die bed, DA en ANC staan saam teen rassisme teenoor swartes maar NIE TEENOOR WITTES NIE! .. Hoe het ons dit nou? Het die wittes nie DA gestem nie? Moenie skuldig pleit nie, is jy mal? Die mense wat alles ONTKEN kom met alles WEG!

Aneja ·

SNOEFIE jy is so in die KOL. Diere was voor die mens en die mens om verantwoordelik te wees vir die skepping. Los nog ons ore! van ons wat nie saam lawaai maak nie.

Gatvol ·

Ag asb mense , hou op JAMMER se oor alles. As jy sterk voel oor n saak se jou se en staan daarby . Ons sit met al die gemors in ons land juis omdat ons altyd polities korrek moet wees .

Verward ·

Ek het nou gou net die agtergrond van die storie gaan oplees voor ek my kommentaar hier lewer en wat elke liewe keer my vraag is: Hoe kry die politieke partye dit reg om almal se facebook dop te hou en net die verkeerde posts raak te sien. Is daar dan iemand wat die hele dag net dit doen? Punt bly maar net wees versigtig wat jy se op enige sosiale media, ‘n mens se woorde word uit konteks geruk of die hele situasie/motief agter ‘n post word nooit gevra nie, net wat jy gese het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.