Man in hof ná gru-moord op vriendin

Argieffoto: Kent Williamson

’n Jong man sal na verwagting vandag (Woensdag) in die landdroshof in Mmbatho in Noordwes verskyn in verband met die gru-moord op sy vriendin.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die 19-jarige man het Sondag in die vroeë oggendure sy 18-jarige vriendin verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek voordat hy petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het.

Die voorval het in die Ramosadi-nedersetting buite Mahikeng plaasgevind.

Volgens Mokgwabone dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die vriendin op pad huis toe was toe haar kêrel haar genader het. Daar kon ’n paar minute later gehoor word hoe sy skree. Sy het derdegraadse brandwonde in die voorval opgedoen. Sy kon egter voor haar dood daarin slaag om die verdagte aan lede van die gemeenskap te identifiseer.

Die man is op beeldmateriaal vasgevang waar hy petrol by ’n vulstasie in die omgewing gekoop het. Die verdagte het egter inhegtenisneming ontduik totdat sy broer hom Maandag by ’n plaaslike polisiestasie aangemeld het.

In ʼn onverwante voorval sal ʼn 36-jarige man ook vandag in die Mmbatho-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die man het op sy beurt Saterdag omstreeks 02:30 ’n vrou in die Montshiwa-informele nedersetting met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

“Die verdagte het na bewering na die Dibate-nedersetting gegaan op soek na sy vriendin wat hy nie kon kry nie. Hy het na bewering ʼn huis met klippe bestook en vensters gebreek waarna hy weggehardloop het toe ʼn 13-jarige seun wakker geword het om ondersoek in te stel. Die ma van die seun, wat die suster van die verdagte se vriendin is, het ook wakker geword en hulle is na Montshiwa om hulp te soek,” het Mokgwabone gesê.

Hulle was na bewering op pad terug toe die verdagte hul nader en die vrou doodgesteek het. Haar seun het gehardloop om hulp te ontbied. Die vrou is op die toneel dood.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiehoof in Noordwes, het albei voorvalle veroordeel.

Job Mokgoro, premier van Noordwes, het gesê hy het met hartseer en kommer kennis geneem van die toenemende aantal gewelddadige verkragtings en moorde wat die afgelope paar dae op jong vroue in die verskillende dele van Noordwes gepleeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

magda ·

Ek se nog die DOODSTRAF moet terug gebring word vir sulke moorde. Die “goed” verdien nie om te lewe nie.

Vintcent ·

Gaan hierdié perd ook wegstap en mooi gevra word om op n ander dag aan te meld by die geleerde sirkusnarre.

Lou ·

Die mense tree soos diere op. Elke drang en behoefte moet nou dadelik bevredig word en as jy nie van ‘n ander een hou nie dan skiet of steek jy hom dood. Geen verdraagsaamheid en geen gewete nie.

@Lou ·

Diere tree op in hulle natuur, hulle weet nie beter nie MAAR self hulle doen nie wat mense soos die willens en wetens doen nie. Moet asb. nie die misdadigers met onskuldige diere vergelyk nie. Die diere verdien dit defnitief nie.

Anoniem ·

Bring terug die doodstraf – daar is net niks meer mense regte nie – maak net dood en nog een gaan tronk toe om gevoer te word. ‘n Lewe vir ‘n lewe, die doodstraf moet terug.

Grondwet ·

Hy het menseregte en word deur die regstelsel beskerm totdat bewys is hy is skuldig, anders is hy onskuldig! Die slagoffer is egter dood,die regstelsel het haar nie beskerm nie en sy het geen menseregte gehad nie!

potlood ·

Onafhanklike tuisland is al uitweg die tipe van gedrag is aan die toeneem en wie gaan iets daaraan doen ,die presedent sê gister harde arbeid vir gevonniste misdadigers moet ingestel word en onmiddellik maak die DA kapsie teen dit agv menseregte.

sdp ·

Dit is n oer instink by hulle, geen skriflesing en gebed kan hulle geopen kry. Niks het, kan of sal dit regkry nie

Sobymykoolkop ·

Asseblief, groot groot asseblief los tog nou die alewige vra na die doodstraf, dis totaal sinneloos, dit GANIE gebeur nie.

Leon Pit ·

Los die doodstraf die regering stel nie belang daarin nie. Hul moor onder mekaar so doodstraf word self voltrek.

EB ·

Die bring die doodstraf terug brigade dink nie wat hulle sê nie. Wat op aarde laat enige een nog dink sou die doodstraf teruggebring word dit regverdig toegepas sou word. So by my kool ja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.