Man in hof ná hy glo ander motoris skiet

hof-hamer

Argieffoto

Die man wat na bewering vroeër vandeesweek ʼn ander motoris ná ʼn botsing in die kop geskiet het, is aangekla van poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 30-jarige man is Woensdag omstreeks 20:00 in South Africa-rylaan in Cosmo City geskiet. Met paramedici se aankoms op die toneel het die gewonde man op die sypaadjie gesit met ʼn koeëlwond aan sy voorkop. Die man het aan paramedici gesê hy was in ʼn botsing betrokke met ʼn ander voertuig, waarna die bestuurder glo uitgeklim en hom geskiet het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die ander motoris, Victor Liswoga, Vrydag in die hof verskyn het op aanklag van poging tot moord. Die saak is uitgestel en hy bly vir eers in aanhouding.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat die toestand van die gewonde motoris is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Wat is volgende sluit hom toe vir lank dalk leer hy

Regte ·

Laat hierdie agressiewe bestuurders vrot in die tronk en van ons paaie afkom!

Cherokee ·

So jy het sommer vinnig ‘n hofsaak gedoen en tot ‘n besluit gekom ten spyte van die min inligting. Jy is slim!

Daar is twee klaarblyklikhede waarvan een dui op iemand wat nooit ‘n vuurwapenlisensie moes gehad het nie. As dit die geval is sal hy nie meer ‘n lisensie hê nie (as hy een gehad het). Die ander is dat die skieter dalk aangeval is deur die gewonde man. Verander dus jou naam na raaiskoot of so iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.