ʼn 32-jarige man het Dinsdag in die Ubombo-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en die besit van wildsvleis.
Lt.kol. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van die Hluhluwe-veediefstaleenheid het op 9 April inligting ontvang oor ʼn man wat glo ʼn krokodil doodgemaak het.
“Polisiebeamptes en wildbewaarders is na KwaJobe in Hluhluwe en hulle het op die oorskot van die krokodil en beendere van verskeie diere afgekom. Die ondersoek het onthul dat die krokodil op 4 April in Budlwini geskiet is.”
Die beamptes het beslag gelê op Sphamandla Mhlongo (32) se vuurwapen en ammunisie.
Mhlongo is vrygelaat op borgtog van R500. Hy moet op 6 Mei weer in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Hehehe, hy was seker HONGER!!
Vrygelaat op borgtog en weg is hy en hy doen al klaar weer dieselfde.
Net R500 ! As ek Na daardie vang nette en ” snares” kyk het die diere wat hy gevang het gely. Dit is onmenslik en geen grap nie . Die man behoort meer as net R500 betaal ….Ek beskou iemand wat diere soveel pyn gee as geen mens nie .Dit is uit en uit dieremishandeling !
Ek is glad nie ‘n krokodil liefhebber nie, maar keur dit ook nie goed dat hulle lukraak geskiet word nie.
Daar moet meer agter die skiet van die krokkie wees – dalk vel wat verkoop kan word?
R500 borg ?? Wat ‘n klug !!!