Man in hof na hy glo meisie met suur gooi

Jan Pieterse tydens sy hofverskyning. Foto: SAPA

Jan Pieterse tydens sy hofverskyning. Foto: SAPA

Jan Pieterse (29), wat daarvan beskuldig word dat hy suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, het Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Die media het Woensdagoggend aansoek gedoen om foto’s van die beskuldigde te neem maar Pieterse het beswaar gemaak. Staatsaanklaer Mahange ka Mzizi het aan die hof gesê die publiseer van foto’s sal nie saak beïnvloed nie aangesien daar nie ʼn uitkenningsparade gehou gaan word nie. Die hof het gelas dat Pieterse afgeneem mag word.

Pieterse het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 11 Februarie uitgestel. Die staat voer aan dat Pieterse sy voormalige vriendin, Ines Antonio (22), probeer vermoor het deur suur op haar uit te gooi. Sy het brandwonde aan haar gesig en bors opgedoen. Pieterse en Antonio se dogtertjie het brandwonde aan haar arms opgedoen.

Pieterse het tydens sy hofverskyning ʼn T-hemp oor sy kop getrek. Hy het die T-hemp verwyder maar dit vinnig weer oor sy kop getrek nadat die hof gelas het dat die media hom mag afneem.

Henk Pretorius, Pieterse se regsverteenwoordiger, het aan joernaliste buite die hof gesê die saak is uitgestel aangesien daar steeds gewag word vir ʼn mediese verslag en ʼn verklaring van Antonio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

So n ongevoelige vent, nou wil hy hom beskerm teen die media. Mag jou gesig die wêreld ingestuur word. Hoe kan jy so iets aan iemand doen en nog as jou kind naby is. Nou sit jou kind met letsels op haar arms en jy het n jong meisie se lewe van haar beroof. Mag jy jou lewe agter tralies deurbring, jy verdien geen versagting of ligte straf nie, jy moet ook vir die res van jou lewe betaal vir hierdie daad. Sterkte aan Inus, mag die Here jou krag gee en dat jy bo jou omstandighede uitstyg.

Mari ·

Sies man! Het fotos gesien van die vrou en hoe sy geskend is. Jy sal kry wat jou toekom Jan Pieterse!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.