Man in hof ná hy glo polisiekaptein aanval

Karel Johannes Rossouw (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Karel Johannes Rossouw (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Karel Johannes Rossouw het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag dat hy ʼn polisiekaptein vroeër die week aangeval het.

Rossouw staan tereg op aanklag van poging tot moord, roof en crimen injuria nadat hy die 56-jarige polisiekaptein Maandag langs Mall of the North na bewering aangeval het, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

“Die kaptein is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in ʼn hospitaal in Pretoria,” het hy bygevoeg.

Mojapelo het verduidelik die voorval het plaasgevind toe die verdagte die kaptein na bewering ná ʼn argument aangerand het. “Die kaptein het om sy lewe geveg toe hy ná die voorval na ʼn hospitaal in Pretoria gevlieg is. Hy het verskeie tande verloor tydens die aanranding.”

Dit is nog nie duidelik waaroor die twee mans baklei het nie. Die kaptein is nog nie in ʼn toestand om te kan praat nie.

“Die verdagte het na bewering die polisiebeampte oorrompel, sy amptelike vuurwapen gegryp en gedreig om hom te skiet. ʼn Verbyganger kon die vuurwapen by die verdagte afneem, maar die verdagte het die polisiebeampte bly aanrand totdat hy sy bewussyn verloor het.”

Die polisie is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem. Die polisie het die polisie-vuurwapen gevind.

Rossouw bly in aanhouding tot 5 Januarie 2017 wanneer hy aansoek kan doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Buurman ·

Frustrasie, hy moes n goeie rede gehad het. Kaptein dalk arogant.

zahn ·

Weet jy Buurman, ek kan verstaan wat jy bedoel. Ek het al hoeveel keer gesien dan VAN die polisiemense ‘n uiters swak manier van praat het met mense. So al of mens hulle MOET respekteer, net omdat hy ‘n uniform aanhet. Hulle behou hulle die reg voor om jou te behandel asof jy drek is, en jy moet sluk. Nee wat, ek dink Maroela kan vir ons die ander kant van hierdie storie ook probeer weergee, dan praat ons weer. Hoekom het dit gebeur Maroela?

Sune van Heerden ·

Dagsê Zahn

Soos dit in die berig ook gestel word, dit is nog nie duidelik waaroor die argument gehandel het nie.
Maroela Media sal wel hieroor berig soos verdere inligting aan die lig kom.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

julius ·

Buurman hier stem ek saam met jou. Die polisie is ons grootste vyand. Ek het self met hulle ongemanierdheid te doen gehad maar my kalm gehou.

mari buitendag ·

Al was die man hoe gefrustreerd en die beampte hoe arrogant. On so vir jou eie gat n lat te pluk is onsinnig. Waar sit hy nou en sy gesin alleen oor hier feestyd. Maar met so n humeur!! Dalk is die gesin beter daaraan toe.

johan ·

weet ek weet nie hoe julle dink nie. hoekom iemand aanhou aanrand totdat hy half dood is , maak nie saak wat die omstandighede is nie ,met die hedige omstandighede in ons land , moet mens baie baie geduldig wees ,anders sit jy in die tronk, daar is baie plekke wat jy kan kla oor polisie se gedrag……

Theuns ·

Beste Johan,
Die baie plekke waar jy kan gaan kla waarvan jy praat sal jou nie help as jy wit is nie!

Groete

Tong innie kies ·

Theuns.Ek stem 100% saam met jou.Ek praat uit ondervinding.3 maal my tyd gemors!

Marie ·

En natuurlik word die kapteintjie se naam verswyg …….. om watter rede?

chantelle ·

wat ek nie kan verstaan nie, hkm word die beskuldiges van die vorige plaasaanvalle nie ook aangekla van poging tot moord nie… daardie beskuldiges word aangekla vir aanranding nadat die arme boere mof geslaan is??? ? en van hul nog in die hospitaal is.

Jan maak n Plan ·

Ek stem saam met Buurman en Zahn hierbo. Party polisie lede dink hulle is wie, as hulle in uniform is. kan maak en breek en se wat hulle wil en vir wie hulle wil. Ek glo nie die kapteintjie is so onskuldig soos wat voorgegee word nie. Wat vir my ook ironies is dat hy gou deur gevlieg is Pretoria toe, maar as n boer op n plaas aangeval word, is dit een helse gesukkel om vir hom ordentlikke mediese versorging te kry.

gatiep ·

In Rusland het hulle stres kammers waar hulle ou tv en meubels insit wat jy kan gaan stukkend slaan om van jou stres ontslae wil raak. Geen grap
Ek sal nie die man veroordeel nie want die magteloosheid van ons in die land maak mens so kan met enige mens gebeur.

D. ·

Wat ek wel kan sê is dit moes baie gevat het van Carel om die polisie kaptein aan te rand. Ek en my man ken hom, en hy het die afgelope paar jaar baie bedaar en rustiger geword, veral vandat hy sy vrou ontmoet het. Daardie kaptein moes hom vreeslik uitgetart het om te maak dat Carel so erg die ou moes aanrand.

Sterkte Carel. Hou moed.

Ella ·

As jy sê hy het baie bedaar, kry mens dadelik die indruk dat hy ‘n geskiedenis van geweld en aggressie het. Die laaste ding wat hy of sy prokureur sou wou hê sy vriende so moet openbaar maak. Dat sy bedaring ‘n eksterne oorsaak (sy vrou) het is ook nie goeie nuus vir hom en sy toekomstige verweer in hierdie saak nie.

not in wonderland ·

Dit is die domste ding om te doen. Verstaan die mense nie die gevolge nie? Niks kan die man se optrede goed praat nie.

Bekkie ·

Dit was inligting wat nie op sosiale media moes kom nie. Ai, dit kan sake regtig sleg teen hom maak.

B. de Waal ·

Niemand het die reg om sy of haar hande vir ‘n ander mens te lig nie. NIEMAND.

Marie ·

Weet nie in watter land jy leef. Sê dit liewer vir die skurke! In hierdie land moet jy jouself om elke hoek en draai verdedig en dit sluit meesal fisieke verdediging in.

Pieter ·

Geweld vererger net probleme. Wat is die kans dat ons Karel Rosouw se kant van die storie sal kan lees in Maroela? Daar moes tog ook ander mense wees wat gesien het wat gebeur het en wat daartoe aanleiding gegee het. Die polisie is op sy beste partydig en sien dus net wat hul wil sien.

Marie ·

En hom nog opsluit tot 5 Januarie. Maar die eintlike kriminele en moordenaars loop buite rond. Op R500 borg??

mari buitendag ·

Die swartes het gewoonlik duisende getuies. Self van hulle was in mankweng op daardie stadium. Maar hulle is eye witness. Karel se verhaal sal gehoor en verwerp word. Daar die aanklaer en landdros van die kaptwin se ras sal wees

wilma ·

Net soos ek plaasaanvalle veroordeel veroordeel ek hierdi aanval. Soooo sad

Clipper ·

Borgtog? Hoekom? Die man het n polisieman aangerand, vonnis die gemors en kry klaar

Marie ·

So jy bevind hom sommer skuldig sonder om enige van die feite te ken!

Venter ·

As jy ‘n probleem het met woede uitbarstings kry asb. hulp – dink aan jou gesin en jou familie. Hierdie ou het nou sy hele lewe opgemors met hierdie onnodige ding. Hy gaan verseker sit, maak nie saak wat die polisieman gesê of gedoen het nie. Al wat bietjie in sy guns tel is dat hy nie die polisieman my sy eie wapen nie geskiet het nie.

Grotman ·

Wat sou die situasie gewees het as die polisieman die man aangerand het? Ek glo dan was die prentjie geheel anders. Uniform maak jou nie bo ander of die wet nie. Onthou elke saak het twee kante, kom ons kyk en hoor wat se en Doen die Hof.

Lance ·

As die polisie net hulle werk wil dien …50 moorde n dag in SA en 4 verkragtings elke minuut …. pateties !

Hannie ·

Buurman,Julius en die ander wees bly julle is nie n polisie man nie, my seun is in die polisie en ek bly op my kniée vir sy veiligheid.

Kobus 4e ·

Die manne wat plase beroof en die mense in ‘n koma slaan word van diefstal en annranding aangekla, die boere/familie is vir weke lank in die hospitaal. Die man word van poging tot moord aangekla
Ek het so paar dae gelede gese ons moet versigtig wees om vir die doodstraf te pleit. Hier is ‘n bewys van wat ek bedoel het. As die polisieman sou doodgaan word hy van moord aangelka en hy sal hang as die doodstraf geldig was, en die plaas moordenaars …. kyk na die verskil in aanklag

Piet ·

Hy is uitgelok kant en klaar ek het in n bekende winkel voor baie kliente n stel afgetrap deurdat n swart polisieman my openlik probeer uitart het onder meer vir my gese het julle dink nog julle regeer julle wittes se dae is getel die swart dame wat die kassiere is het hom berispe ek het gevoel of ek hom kan aanrand maar het my ingehou maar glo my die swart polisiemanne is vreeslik arogant hulle dink hulle is verhewe bo die wet omdat hulle n uniform dra ek dink nie hulle weet dat ons belasting betalers hulle salarisse betaal nie hulle is daar om ons te beskerm maar wat doen hulle probeer ons uitlok vandat die wit polisiemanne uit die mag is het ons hele polisiemag in duie gestort

Buurman ·

Beste Hannie,ek kraak nie die Polisie in geheel af nie ek weet daar is nog goeie polisiemanne oor wat hul werk reg doen en hoflik is teenoor publiek. Die geval waarna ek verwys is n enkele arogante een wat rang en uniform het en sy magte oorskry. Hulle is daar ek weet. Terloops ek weet wat dit was om te dien maar daar is n groot verskil vandag.

Charmaine ·

Julle wat so kla oor AL die useless SAP wat ALMAL korrup en arogant is, los asb jou naam, nr en adres sodat die useless klomp goed jou nie lastig val wanneer jy EN jou geliefdes in nood verkeer nie. My boetie, wat al deel was van n span wat genomineer was vir die Guardian toekenming wat sy voete stukkend loop na n plaasaanval, my skoonsus en hulle seun is deel van die gehate SAP. Ek is trots op hulle. Ek bid vir ons mag EN Ons land EN ons boere

max ·

Jan die toegewyde, eerlike en kundige polisiebeamptes is nog dear. Hulle is ongelukig baie, baie min.

Marie ·

Dankie vir hul toegewyde diens maar ongelukkig is daar te veel vrot appels in die diens.

Hannie ·

Dankie vir terugvoer buurman., almal het tog maar reg op opienie:-)

Giffie ·

Ene aan die brand geklap voor getuies toe hy n ras kaart gespeel en my gedreig het…..saak is uitgegooi lol

Paul ·

Geluk, sulke goeie verhale moet net baie meer word totdat die manne in blou weer disipline en gesonde oordeel kry.

danie ·

Vir een persoon om n ander so aan te rand is absurd. Dit spreek van totale verlies van beheer. En die tipes moet verwyder word uit die samelewing. Dit sluit almal in wat dink daar is n goeie rede om iemand se tande uit te slaan. En ek stem saam as daar goeie poliesie lede was sal hulle mos iets doen om hulle makkers uit te sort ,

hendrik swart ·

Al kwalifikasie wat mens nodig het om n polisieman te word is, dat jy n krimineel moet wees

Slimjan ·

As jy na die foto kyk, kyk dit nogal asof die ou gedragsprobleme(aggressie) het.

Gypsey2 ·

Ek glo daar is dissiplinere stappe en aanklag kantore waar aanrander kon gaan sou die Saps kaptein skuldig wees.Hierdie barbaraarse woede is glad nie toelaatbaar nie. Flip man,ons is in die jaar 2016/7 – nie 1652 nie.Get a LIFE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.