Man in hof ná hy glo seun verkrag

court-hammer_thumbʼn Man van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 18-jarige seun verkrag het, het Woensdag in die Tonga-landdroshof verskyn.

Die 32-jarige beskuldigde is nie gevra om te pleit nie. Landdros Sibonisiwe Sibuyi het die saak tot 10 Desember uitgestel terwyl daar gewag word op die uitslae van DNS-toetse. Die beskuldigde is uit op borgtog van R10 000.

Lt. Mzwandile Nyambi, woordvoerder van die polisie, het destyds gesê die tienerseun was by ʼn winkel toe die beskuldigde hom gevra het om saam met hom na sy kamer te gaan. Die beskuldigde het vir die seun kos aangebied. Hy het die seun glo hierna op die bed vasgedruk.

Nyambi het gesê die seun het terugbaklei en die beskuldigde aan sy geslagsdeel gebyt voor hy ontsnap het. Die seun het die saak by die polisie aangemeld en die beskuldigde is verlede maand in hegtenis geneem en aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.