Man in hof na hy glo swanger meisie vermoor

court-hammer_1`n Man van Limpopo wat daarvan aangekla word dat hy sy swanger meisie en haar ma vermoor het, het Maandag in die Ritavi-landdroshof verskyn.

Oscar Ngobeni (24) staan tereg op drie aanklagtes van moord en een van brandstigting. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 2 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Ngobeni sal in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig dat Ngobeni glo Donderdagaand na sy meisie, Tinyiko Matlaahule (20), se huis in Mkwazini naby Letsitele is. Hulle het glo in ‘n argument betrokke geraak voor hy haar met ʼn mes doodgesteek het. Sy was sewe maande swanger.

Ngobeni het glo hierna ook Matlaahule se ma, Rachel Hlangwani (58), aangeval en met die mes doodgesteek. Volgens Otto is albei vroue op die toneel dood. Otto sê Matlaahule is na ‘n hospitaal gehaas in `n poging om die baba te red, maar dit was te laat.

Ngobeni het glo na die moorde sy vriend se huis aan die brand gesteek nadat hulle na bewering ‘n argument oor geld gehad het. Volgens Otto is Ngobeni kort na die moorde in hegtenis geneem. Ngobeni word glo ook verbind aan verskeie inbrake in Letsitele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.