Man in hof na hy glo vrou en vyf kinders vermoor

court-hammer_thumbDie saak teen ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou en haar vyf kinders vermoor het in KwaZulu-Natal, is Maandag in die hooggeregshof in Durban uitgestel.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingesag (NVG), het gesê die saak teen Tshepang Mokhali (25) is tot 30 Oktober uitgestel sodat sy regspan ʼn sielkundige verslag kan bekom.

Regter Nompumelelo Radebe het verlede maand gelas dat Mokhali ʼn dokter moet gaan sien en dat daar ʼn mediese verslag aan haar oorhandig moet word.

Mokhali word daarvan beskuldig dat hy Maselina Leneah (38) en haar vyf kinders, tussen drie en 14 jaar oud, in Desember 2012 doodgeskiet het. Hulle was glo familie van hom. Leneah het ʼn snoepwinkel bedryf en Mokhali het haar glo beroof voor die moorde.

Mokhali het na die moorde glo na Lesotho gevlug en is in hegtenis geneem nadat hy ʼn familielid in Matatiele in die Oos-Kaap besoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.