Man in hof ná hy hom as advokaat voordoen

Gideon Adams.

ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem ná hy hom voorgedoen het as advokaat.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Gideon Adams word aangekla van voordoening as regsverteenwoordiger asook bedrog.

“Hy het duisende rande by ‘kliënte’ geneem ter betaling vir sy ‘dienste’ as advokaat,” het Kock gesê.

Adams is Maandag by sy huis in Prieska in hegtenis geneem.

“Die polisie het ook beslag gelê op bewyse van betalings en verskeie dokumente wat hom met die aanklagte verbind.”

Adams het Dinsdag vlugtig in die Douglas-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 30 November wanneer Adams aansoek sal doen om borgtog.

Die polisie het enigiemand wat moontlik ʼn slagoffer van Adams was, versoek om sers. Calvin Botha by 082 301 9978 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marlene ·

Grote genade? as hy vir jou soos ‘n advokaat lyk, dan regtigwaar.

SjN ·

En die hoë geleerdes is te dom om dit agter te kom, laat baie vrae ontstaan.

Andre ·

Die standaarde het so geval dat enigeen hom nou as regsgeleerde kan voordoen en niemand gaan die verskil opmerk nie. Al wat praat is geld en korrupsie. Regsbeginsels en die “rule of law” is vergete konsepte.

Eish ·

Ek kan saamleef met jou kommentaar. Inderdaad het standaarde so geval dat n analfabeet president kan word. Wat is n glorified kroekereur dan om na te boots?

hendrik ·

Daar is n hele paar meer as net hy wat hulle voordoen as hoe profiel ampte.

Willem ·

Ag shame man die ou het dan so hard gewerk om tog in die hof te kan wees …. al is dit in die beskuldigde bankie……

Die voordeel ·

Die voordeel is dat hy homself in die hof gaan verdedig?

Leahim ·

Standaarde het so verval in SA dat dit verstaanbaar is probeer n probleem uitsorteer met die nuwe generasie bank personeel , probeer n verklaring maak by n polisie stasie geen algemene kennis nie en niemand word meer oor die vingers getik nie so hoekom kan hy nie hom voordoen as n advokaat en wegkom daarmee nie.

Justice ·

Indien hy toegesluit gaan word sal hy nou die geleentheid he om kosteloos geborg deur die belastingbetalers van Suid Afrika sy regsgraad uit die tronk te kan verkry.

kat ·

Hy het seker gedink hy het die ‘look’!!!!
Sy ma het dit seker vir hom gese want niemand anders sou nie.!!! Ha Ha!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.