Man in hof ná hy hom glo as polisieminister voordoen

Daar is verskeie Facebook-profiele in Bheki Cele se naam (Foto: Skermgreep)

Zakhele Morris Nkosi (34) het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat hy hom glo op sosiale media as polisieminister Bheki Cele voorgedoen het.

Nkosi sal weer op 11 Augustus 2022 in die hof verskyn, het lt.kol. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, gesê.

Die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad het saam met ʼn kuberveiligheidondersoekspan ondersoek begin instel nadat inligting op sosiale media versprei is dat Cele op 13 April 2020 sou aankondig dat drankwinkels heropen. Cele het egter geen amptelike sosialemediaprofiele nie en drankwinkels was nog destyds gesluit as deel van die afsonderingsmaatreëls ingevolge die Covid-19-pandemie.

Volgens Nkwalase het voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat daar ongeveer 161 Facebook-profiele en twee Facebook-groepe was wat Cele se naam en foto’s gebruik het en hulle as die minister voorgedoen het.

Een persoon is reeds in Desember in verband hiermee gevonnis. Mzomusha Hlongwane (25) is ook aan een van die Facebook-rekeninge gekoppel en het die eerste keer op 30 September 2021 in die Bergville-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Hy het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is in Desember ʼn boete van R1 000 met ʼn alternatief van 30 dae gevangenisstraf opgelê vir die oortreding van die Rampbestuurwetregulasies.

Hlongwane is verder ʼn boete van R2 000 of twee maande gevangenisstraf vir bedrog opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind sal word aan bedrog oor die tydperk van skorsing nie.

Volgens Nkwalase word nog inhegtenisnemings verwag namate die ondersoek na ander verdagtes voortduur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cherokee ·

Ek wou kommentaar lewer in dier voege, maar jy het dit onverbeterlik gedoen! (of miskien, om homself so laag te ag) Goue sterretjie vir jou!

krodedil ·

Los die man en betaal hom ‘n minister salaris.
Hy sal 100% verseker ‘n beter job doen.

krodedil ·

Jaarliks doen miljoene mans hulle voor as Kersvader en nie een van hulle word beboet nie. Hulle is hero’s

SjN ·

Hoe laag moet sy selfbeeld wees om in die proses nog laer te daal?

Janice ·

Wel, een ding is verseker. Hy was “high” toe hy met daardie idee vorendag gekom het.

Harley Davidson ·

Kies hy die mees onbevoegde persoon in sa om te wees.

Cherokee ·

..mees onbevoegde. cele het oposisie.. soos malema en zuma. (spoeg ek op die grond terwyl ek praat!) Daar is verskillende tipes goete wat skuim veroorsaak wanneer geroer word.
Miskien is jy reg wanneer jy sa in klein letters skryf.

Nie Verbaas ·

Kyk party mense het geen trots nie. Ek sou eerder no.7 van Jopie Adam se profiel nagemaak het.

Di ·

Wie op dees aarde wil met HOM vergelyk word? Goeie genade, kies eerder iemand anders!

Miena ·

wonder wie sou n beter job kan doen tussen die ware jakob en die nabootser???

Nierkie ·

Daar is nou seker ‘n hele eenheid wat net Cele se fake accounts op Facebook ondersoek – niks beter om met julle tyd aan te vang nie?

marius ·

Hoop die veer in sy hoed het beter gelyk . Aan die bakkies kan jy nie veel doen nie ….

Jack ·

Hoop nie hy het iemand weggejaag nie. Hy het seker ook n beter job gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.