Man in hof ná hy kind glo in Dros verkrag

Die Facebook-gebruiker Kevinator FatMajinbuu Sibiya se inskrywing oor die voorval is sedert Saterdagaand byna 1 000 keer gedeel.

ʼn Man (20) het Dinsdagmiddag vlugtig in die streekshof in Pretoria verskyn nadat hy na bewering ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in die ooste van Pretoria verkrag het.

Die beweerde voorval het glo vroeg Saterdagaand in Silverwater Crossing in Silverton plaasgevind.

Ene Kevinator FatMajinbuu Sibiya het kort ná die beweerde voorval in ʼn inskrywing op Facebook beweer ʼn man het ʼn sesjarige kind in die toilette van die restaurant verkrag. “Hy het haar na bewering dopgehou terwyl sy in die speelarea was en gewag dat sy ʼn draai loop.”

Die verdagte kom weer op 2 Oktober voor op aanklagte van verkragting, die besit van dwelmmiddels, intimidasie en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy bly intussen in aanhouding, het Phindi Louw, woordvoerder van die NVG, Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê.

Sy kon nie bevestig waar die man vandaan kom nie en het gesê om besonderhede soos sy woonadres vas te stel, maak deel uit van die polisie se ondersoek.

Patse Jordaan, woordvoerder van die Dros-restaurantgroep, het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê hulle wag eers dat die polisie ʼn verklaring uitreik voordat hulle op die bewerings reageer.

Die Johannesburgse dagblad The Citizen berig volgens ʼn ooggetuie het die verdagte alleen in die rookafdeling gesit, waar hy ʼn glas water gevra en gesê het hy wag vir ʼn vriend.

Luidens die berig het hy kort daarna nader aan die speelplek geskuif en die meisie dopgehou waar sy op haar eie gespeel het. Enkele oomblikke daarna is sy toilet toe met hom agterna, beweer die ooggetuie.

Die verdagte het die kind glo uit die vrouetoilette gegryp, haar mond toegedruk en haar na die manstoilette geneem waar die verkragting na bewering plaasgevind het.

Toe die meisie se ma na haar gaan soek, het sy ʼn geraas uit die manstoilette gehoor, maar die deur was glo geblokkeer. Nadat sy dit volgens die ooggetuie oopgedwing het, het sy op die man afgekom. Hy sowel as haar kind was na bewering naak.

Die ooggetuie het aan The Citizen vertel dat mansklante van die restaurante die vermeende verkragter te lyf gegaan het, maar ʼn bestuurder het die toilette se deur gesluit om die man te beskerm.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die verdagte Dinsdag in die hof verskyn het, maar kon nie onmiddellik meer besonderhede oor die voorval bevestig nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Theresa ·

Waarheid moet seëvier. Hoop die inligting kom gou na vore om hierdie tipe mens deur die gereg ‘n les te leer.

Andre ·

Gereg se moses! Hy sal miskien 20 jaar kry waar ons vir sy 3 maaltye ‘n dag betaal terwyl hy al sy mense regte geniet in verblyf waarvoor ons betaal! Daai arme meisie se lewe is geskend virewig! Die bestuurder moes nie die deur gesluit het nie!
My hart bloei vir daai arme dogtertjie. Ek sit in trane as ek dink dat dit netsowel met my dogtertjie kon gebeur het.

Madelein ·

Die mans personeel.moes hom pimpel en pers geslaan het.vir wat sluit die bestuurder die deur vir die skurk se veiligheid.wat hy pyn voel soos daai arme kind gevoel.het

Elaine Nagel ·

Snaaks dat die oortreder se veiligheid belangriker is as n onskuldige kind sin…

Anita ·

Hulle moes hom DOOD geslaan het, kan nie dink wat deur daai arme meisiemens se kop moes gaan nie

zoom zoom ·

Stuur doe berig vir CR en sy kaders wat hom vergesel het na Amerika dat hulle vir Trump kan wys hoe veilig dit in SA is.

anna theron ·

Dis van kriminele beskerm dat SA die kriminele se geliefdste land in die wereld is. Kinderverkragters, soos moordenaars, moet die hoogste straf kry. Dan alleen sal die moorde en verkragtings ophou. Solank dit as “kultuur” strafloos gaan, sal dit net meer word.

Anti Amerikas ·

Vir wat moet ander lande ons probleme uitsort?
Wat skort met ons?
Ons land is in die poep, omdat mederige mense (kinders) wil doen wat in Amerika gedoen word. Ons sit reeds met copy-cat bully van onderwysers, en mestekery, en geskietery op Onnies in ons skole.
Suid Afrika kan sy eie probleme oplos.
Trots Suid Afrika.
NS
Die feit dat “dagga” vrylik nou beskikbaar is en jy kan in jou tuin groei, dit is ons grootste probleem heidiglik.
Dit word gese dat die seun wat hierdie haaglike dade aan die kindjie gedoen het, het (drugs) op hom gehad. Ek bevraagteken watse drugs?
Ons moet beslis vra vir strenger optrede vir gevangenisse in die tronke, sodat die mense kan leer van hulle foute. Ek het geen probleem dat hulle verder education en kos kry nie.

Piet ·

Dank die bestuurder af. Hulle kan bly wees ek was nie daar nie!

jd ·

As ek daar was sou daai man nie die dros lewendig verlaat het nie. Hoekom is die man deur die bestuurder beskerm. Wat sou hy, die bestuurder, gedoen het as dit sy 6 jarige dogtertjie was.

Beulah ·

Sê ek ook!!! Vir wat beskerm mens so stuk gemors!!! Enige mens wat so ding beskerm is netso siek in sy kop!!

Geskok ·

Deure is gesluit om die luis te beskerm!!! In die lewe!! Die deur moes oop gelos geword het; sodat die lae vieslike luis deur die ander restaurant besoekers reg gesien kon word. Mag hy brand!

Wikus ·

Nog n restaurant (spesifieke tak die keer, nie die hele groep nie) om te boikot. Ek vereenselwig my nie met die bestuurder se optrede nie.

Ag toe nou... ·

Al wat ons deesdae ken is om te boikot! Enige iemand gedink dat dié onskuldige mans ook aangekla kan word vir aanranding en in die tronk gaan sit? Sekerlik nie, mense is te nougesind om die groter prentjie raak te sien en dan later beskuldig ons die regstelsel oor die kwansuis belaglike bevindings maak. Die bestuurder het reg opgetree, laat die reg geskied en laat die ware gemors agter tralies sit en oor sy sondes gaan nadink.

LB S ·

Ag Toe Nou, dit is presies wat ek wou skryf. Mense se gedagtes gaan op hol maar hulle dink nie verder nie. Die Bestuurder het HULLE eintlik beskerm!

Saartjie ·

Ongelukkig sou die skurk ‘n teenklag teen die restaurant kon indien as hulle hom nie toegesluit het in die badkamer nie. Dis maar net logistiek, nie dat hulle hom sou wou beskerm nie. Die verkragter is die skurk hier en niemand anders nie. Dit sou dalk vorentoe in die restaurant se belang wees om ‘n toesighouer te hê wat minderjarige kinders badkamer toe kan vergesel om te verhoed dat so iets gebeur.

Madelene ·

Ek gaan gereeld ontbyt eet by die Dros in Silverton. Daar is nie ‘n speel area vir kinders nie. Jammer dat dit moes gebeur maar mens moet seker maak van die feite. Die McDonalds in die sentrum het wel ‘n speel area maar is ‘n entjie van die Dros af. Dit klink vir my of iets nie heeltemal rym hier nie. Die arme kind maar ek dink ook dat ons genoeg van die berigte lees om seker te maak jy hou ALTYD jou oe op jou kinders. Ek sien steeds kinders in strate of sentrums rondloop sonder ouers. Mense het die idee dat dit NOOIT met hulle sal gebeur nie. Dit gebeur mos altyd net met ander en intussen lei ‘n kind daaronder.

Kwaaitjie ·

Mammas gaan eet by so restaurant want dis veronderstel om veilig en kindervriendelik te wees. Moet NIE die ma hier aanval nie. Dis alle mammas se ergste ergste vrees.

Susan ·

Die ma het die plek vertrou. Groot fout. Die vraag moet eerder wees wat het die ooggetuie gedoen toe sy sien n kindjie word deur n man agtervolg. O natuurlik, NIKS

Meisiemens ·

Mag Mammas nie net ook partykeer sit en eet nie????
Sy het na haar gaan soek. Ek hou ook ‘n oog oor my kinders in die speel plekke, maar AARDE, mens gaan eet uit om te eet ook.
Mense wat altyd so oordeel. Ek hoop jou glashuis se ruite is skoon.

VanAfrika ·

Nog steeds, waar was die ouers terwyl sy alleen gespeel het en toe toilet toe gegaan het, dit beteken sy was geruime tyd alleen.????Hy get dan haar bewegings die heeltyd dopgehou tot sy toilet toe is.

marrietta ·

Ek stem saam dat die berig eerder moes lees dat die bestuurder die deur gesluit het om sy werkers en ander klieente te beskerm. Eerder net een ou in die moeilikheid as meer. Die arme kind.

Jakob ·

Waarom moet dagga die skuld kry vir dié daad? Ek is seker is dagga ter sprake was, sou die boosdoener waarskynlik meer geïnteresseerd gewees het in die spyskaart as die onskuldige dogtertjie. Gaan doen eers jou navorsing voor jy oningeligte kommentaar lewer.

Jollie ·

Ag genade Jakob, wat werk vir jou met dagga, werk nie met almal met dagga nie. My niggie was mishandel deur haar man wat dagga gebruik het. Moet asb ook nie sê dat die gemeng is nie. Nes nie alle mense alkohol moet gebruik nie, moet nie almal dagga gebruik nie. Verdedig eerder die dogtertjie, nie ‘n simpel dwelm middel nie.

Willem ·

Dagga? Dit kon enigiets gewees het, maar Jakob die boodskap is, dit is hoe ons al in die land verval het.

Landi ·

Jacob, Jacob, Jacob. Hier is baie ingeligte mense. So jy hou van dagga. Natuurlik sal dagga jou hoerdie soort dinge laat doen. Jou CBD en CBN olies is die veiligste. Ongelukkig is dagga in gebruik vol THS wat jou mal maak. Hoekom dink jy Jacob, is EFF outjies se optogte vol dagga walms so ver as wat hulle gaan, en daai oë is nie so rooi van min slaap nie ou maat.

Jakob ·

Ek weet nie van julle nie, maar ek sien geensins dat hier enige sprake in die berig is van dagga of dat die persoon onder die invloed van dagga was nie. Ek is geensins pro-dagga nie, maar hier word in die lug gegryp na antwoorde wanneer die antwoord doodeenvoudig is dat die persoon nie in ons samelewing hoort nie. Ek ontken geensins dat dwelms wel ’n rol speel in verskeie midade nie, maar om aan te neem dat dagga die moontlike dwelm van keuse sou wees in dié geval en dit daaraan toe te skryf, spreek vir my van absolute onkunde. Jul is geregtig op jul opinie, verskoon tog as ek deur my opinie hieroor te lig, jou ontstel het.

Erika ·

Ag asb dis ni die Ma wat hier tenagekom is ni, dis die kind so kom o sit dinge in perspektief, my kids weet, as jy wi badkamer toe gan roep jy my, jy gan nooit alleen ni, buiten higienes redes vi self beskerming ook! Punt bly staan wat het die ooggetuie gedoe, o ka almal doodspeel, mar more is dit jou kind & wat dan!?

Hannes ·

Ek stem saam dat die man nooit weer die buitelig moet sien nie, maar as die kliente hom aangerand het was hulle ook nou agter tralies. Dus het bestuurder reg opgetree om nie net die lafaard te beskerm nie, maar ook die kliente.

RHG ·

Die polisie neem tyd om te kom. Moes iemand hom nou plstdruk op die grond totdat die polisie kom? Mense eet in die plek! Sou hy losruk en vlug was die bestuurder seker ook verguis. Hy het reg opgetree deur hom toe te sluit totdat die polisie kom.

Susan de winnaar ·

Vir wat word di pes beskerm. Hulle moes
Hom gelos het vir di klante. Regardless ofjyjywit swart pienk of pers is dis om van siek te word. Hoop in di tronk kry hy wat hom toe kom di arme kind is nou geskend vir di res van haar lewe

tamboti ·

Ek sê reguit en eerlik: As dit my kind of vrou was, sal ek geensins oor ń moordklag bekommer nie maar dadelik en self die enigste en doeltreffende straf vir verkragting toedien. En as dit iemand anders was, sou ek my volle bystand verleen. Op heterdaad betrap is daar geen maar geen twyfel by my nie. En met ñ skoon gewete.

Neels ·

Vra ek ook waar was die ma hoe kan jy jou kind alleen los by die speel plekke. Die ongure karakters is oral waar kinders is. Die ma moet ook aangekla word want n ware ouer sal sy kind met valk oe dophou en beskerm in vandag se tye

Lizelle ·

Neels – jy praat die grootste klomp….snert….hoe durf jy se die ma moet ook aangekla word????? Jy is besig om alle goeie mammas nou warm onder die kraag te maak. Jy praat uit pure onkunde…sit ‘n wag voor jou mond tog asb.

Petro ·

Neels is jy van jou sinne beroof? Hoe durf jy???!!!!! Dink jy nie hierdie mamma is absoluut stukkend nie!!!!!!

MT ·

@Wonder. Die ma het seker geëet…..dis mos wat mens by ‘n restaurant doen. Kinders van daardie ouderdom is mos groot genoeg om self toilet toe te gaan. Niemand kan dit voorsien dat ‘n sielsiek persoon daar sou wees en dit sou aanvang nie. Dink net as die ma NIE na haar gaan soek het nie sou sy dalk haar kind dood gekry het. Vandag se siek lewe kan mens glad nie jou kinders onder jou oë uitlaat nie. As gevolg van die feit dat SA die crime mecca is, word ons kinders en selfs ons mense van ons vryheid ontneem. Restaurante sal maar moet ander planne maak, geen kind moet alleen in ‘n toilet toegelaat word nie. Die kind moet sy/haar ouers gaan opsoek en die ouer moet sy/haar eie kind vergesel na die toilet toe.

Kwaaitjie ·

Ek stem volkome met jou saam. Dis nie die ma se skuld nie. Kinders is veronderstel om veilig te wees by die tipe restaurante.

Genoeg ·

GEEN kind moet toegelaat word om alleen badkamer toe te gaan behalwe in jou eie huis nie. Ek weet dis veronderstel om glo veilig te wees maar ons bly in n siek wereld ouers moet begin om na hulle kinders te kyk maak nie saak waar en by wie nie. Eetplek of speelplek wat ookal dis jou kind pas daai kind op

4kidz ·

Rêrig!!! Jy dink nie dalk die ma het genoeg skuld gevoelens en dinge om te verwerk nie? Hou op om die ouers te blameer wat ook net mense is en nie 24 uur ‘n dag by ‘n kind hoef te of kan wees nie. Siek goed soos hierdie gebeur nie omdat ouers te min doen nie maar omdat polisie en regering nie genoeg doen nie. En opmerkings soos joune help die verkeerde party.

JJ ·

Nou tree die meeste wraaksoekers erger as die verkragter op….

Johanna Botha ·

Die mense hier is BAIE siek ….CR is reg Trump is oningelig wat eintlik hier gebeur as jy my vra ! SIEK !

LB S ·

Die Bestuurder het reg opgetree! Hy het eintlik die ander mans beskerm, want as hulle die man doodgeslaan het, was hulle nou op vir moord. Laat die gereg sy gang gaan.

tamboti ·

LB S ek is bevrees in SA is “laat die reg sy gang gaan ” maar pateties, dis meer van “laat Gods water oor Gods akker loop” en plek-plek loop dit soos rou riool oor!

DeVill ·

Ek sal enige tyd, met ‘n glimlag op my gesig, tronk toe gaan vir moord as iemand my dogtertjie durf seer maak…
My familie kan elke naweek vir my kom kuier en as ek my goed gedra is ek uit in minder as 10 jaar. Ten minste weet ek dan die skuim gemors loop nie meer rond nie en sal NOOIT weer iemand anders ook seer maak nie!

My opinie!

James ·

Hierdié is bloed aan die hande van die land se regeerders. Die tyd is lankal op vir hul…vat hulle weg!

Adrian ·

Die verkragter is gearresteer so hy sal in die hof kom. Wat het geword van daai dik man wat die verwagtende wit vrou geklap en geskop het ….. het die saak ooit voorgekom reken dit was die Steers wegneemete tak

Nina Laufs ·

Dis bitter; bitter hartseer. Daardie arme kind se lewetjie is vir ewig opgeneuk! Kan ons nie maar die doodstraf terug stem vir moordenaars en verkragters nie!? Veral kinder verkragters!!! My hart huil oor daardie arme kind se onmenslike pyn!

Leonie Paxton ·

My hart gaan uit na die kind en haar ouers en my gebed is dat die H/G hulle sal toe vou en dra deur alles wat hul nou moet verwerk en dat ons ander hier uit sal leer om ons kindertjies op te pas soos ons onsself sal oppas n mens kan nerens meer net op jou gemak wees nie.

tamboti ·

Ten laaste as ek nog die vergunning het: In SA is Jan publiek verantwoordelik om amper alles self te doen of privaat daarvoor betaal, omdat die regering te sleg is om hul werk te doen
Maar reg en geregtigheid mag ons nie in ons eie hande neem nie. En juis hierin presteer die staat met ń 6% skuldig bevindings syfer?!?!?!

Melody ·

Ek wil graag weet hoekom het die oogetuie net gesit en toekyk?

KV ·

Na ek hierdie gelees het was dit ook die eerste vraag wat by my opgekom het. Weet en sien so baie maar tree nie op nie. Dit gaan my verstand te bowe.

RHG ·

Die dogtertjie het sekerlik vertel hoe hy haar gegryp het en in manstoilet gedwing het. Dis nie te sê dat iemand dit gesien het en nie opgetree het nie.
Gestel die ooggetuie was die kelner (wat ek glo), onthou later hy het net water bestel, verskuif om kind dop te hou (ek hou self kinders dop wat lekker speel. Dis mooi en geen rede om iemand te arresteer nie), loop dieselfde tyd toilet toe (steeds geen rede om iemand van vuilspel te verdink nie), die drama ontvou en nou eers val alles wat waargeneem is in plek!
Hier is geen rede waarom “ooggetuie” beskuldig moet word nie.

SS ·

Verkragting vind plaas by skole ook. Moet ma’s nou saam met kinders skool toe gaan ook?

liz ·

Sieker as siek – dis waar Trump het nie ‘n idee wat hier aangaan nie, dis absoluut skokkend, mens kan dit nie meer ‘n land noem nie, dis ‘n SLAGVELD!

VRAMANET ·

IS DAAR NIE VERONDERSTEL OM KAMERAS IN SPEELPLEK TE WEES, MET MONITORS IN DIE RESTAURANT NIE? (SODAT OUERS ‘n OGIE KAN HOU) EN VOLGENS MY MOET DAAR TEN ALLE TYE ‘n OPPASSER WEES IN DIE SPEELPLEK!!

Pierre ·

Dis darem nou tipies Suid-Afrika. Die skuld word nou weer op iemand anders geplaas. Daar word Die Dros, die ooggetye, dagga, die Ma en wie weet wat volgende blameer. Seker Apartheid? Of die kliente was te wit? Jan? Get real mense. Baie jammer vir die kleintjie.

ELSA ·

DIT IS VERSKRIKLIK DIE ARME KLEIN DOGTERTJIE – EK IS OOK N MA EN OUMA MY KLEINDOGTER IS 8 EK SAL DIT HEELTEMAL VERLOOR AS SO IETS MET ONS PRINSSES GEBEUR – ONS MAAK BEURTE OM BY SULKE PLEKKE OGIE TE HOU OOR ONS KINDERS BID VIR DIE DOGTERTJIE EN FAMILIE

Lindtjies ·

Die Dros kan gerus by Crawdaddy’s gaan kers opsteek. Hulle het kameras by hulle speel area, so terwyl die ouers eet kan hulle op die groot skerms sien waar hulle kinders is. Ongelukkig is ‘n onskuldige kind van haar onskuld deur iemand se wellus beroof. Ek hoop haar ouers vat haar vir berading want dit is nie iets wat mens sommer kan vergeet nie.

Karen ·

Jy laat nie eers jou volwasse vriendin, dogter , sussie of ma alleen ‘n publieke toilet gebruik nie PUNT!! Ja ‘n ma mag maar op haar jis sit en ontspan maar met ‘n arendsoog op haar kind. As jou kind die badkamer wil gebruik lig jy jou en stap saam!!! Selfde geld vir seuntjies.

Gerrit ·

Dink hierdie is ‘n geval van die “bestuur” het eerder gekeer dat die verkragter nie padvat nie. Hul optrede dalk dus korrek. Die feit dat hul hom nie laat wegkom het nie, is al klaar ‘n sege. Ek sidder eerder aan die gedagte dat daar ‘n ou met ‘n swart jassie gaan wees, wat bereid sal wees om die verkragter se onskuld te probeer bewys.

peanut ·

Ek stem……. hoe kan ‘n prokureur so ‘n stuk gemors verteenwoordig?! Daar is ‘n spesiale plek in die hel geboek vir hierdie verkragter. Hoop hy word elke minuut van die dag bygekom in die tronk!!

Bekommerd ·

23 000 kinders is die jaar al verkrag. Dit moet boodksap uitstuur vir alle ouers.
Die Manne MOET terug hulle werke kry en vrouens MOET terug huistoe, om kinders op te voed en op te pas.
Die ding, dat vroue alewig wil beter wees as ‘n man, of netsoveel geld wil verdien soos ‘n man, of netso hoe pos beklee soos ‘n man is vir my vergande, en dit is waar ons groot probleem in ons land le. Hoeveel Mammas sien jy agter ‘n til tot laataand werk, hoeveel Mammas sien jy in winkelsentrums tot laataand werk. Die Mans het nie geboorte gegee aan die kinders nie. Hulle het nie die (nuturing gevoel) gekry wat Mammas het nie. Mans sal eerder voor TV sit of in hulle garages werk, en baie het nie werk nie, want die vrou wil mos sy skoene vol staan. Die hele ding van Adam en Eva is omgekeer, en is vir my verkeerd. Alles is ons land is omgekeer. Alles wat reg was is nou verkeerd, en alles wat verkeerd was is nou reg. Ons moet by ons eie huise skoon vee, voordat ons vingers kan wys. Se maar net.

Elsa ·

Mens voel so ‘n verkragter verdien die dood, maar wie sou vir moord aangekla gewees het as 5 of 6 mans daardie verkragter in die restaurant doodgeslaan het? Die eienaar het dus reg opgetree en eintlik daardie kliënte teen hulself beskerm. Ek voel bitter jammer vir die dogtertjie en haar ouers en ek hoop hulle sal hierdie trauma vorentoe kan verwerk.

Careltjie ·

Ek gee nie om of dit wit, pienk, geel of pers is nie, maar mag hy alles kry wat hy aan daardie kind en haar ouers gedoen het. Dit is walglik.

Rika ·

Dit is aaklig wat met die kind gebeur het. Hoekom het die oog getuie wat alles gesien het nie die verkragter agtervolg toe hy sien hy loop agter die kind badkamer toe nie. Hoekom het hy nie iets vir bestuur of die ma of vir enige iemand gese nie. Ek laat my kids nie alleen enige iewers heen gaan nie, en as hulle speel, dan sit ek by hulle. Ja jy gaan dalk na n restaurant om te eet maar my kinders is vir my belangriker as om bietjie net terug te sit en te ontspan. En met al die dinge wat in vandag se lewe gebeur kan mens nie jou kind vir n oomblik alleen laat nie. Nie eers in jou eie erf nie want hulle gryp jou kinders uit jou erf, uit jou arms, uit jou kar. Ek voel innig jammer vir hierdie arme meisiekind wat hierdeur moes gaan, en ek is woedend vir die man wat dit aan haar gedoen het, woedend vir die oog getuie wat niks gedoen het nie. Ek verstaan nie hoe niemand kon sien hoe hy die kind gryp nie, en niks gehoor het nie. Daar is altyd iemand in die badkamers by restaurante…

AP ·

Ek lees van die kommentare, en dit is net te verskriklik wat met die dogtertjie gebeur het, sy is vir die res van haar lewe geskend, maar daar is soveel verskillende stories, een se die spesifieke dros het nie ‘n speelkamer nie, in ‘n koerant berig lees ek die dogtertjie is saam met haar mamma die toilet in, en dan weer dat hy haar dopgehou het in die speel area. Wie het gesien hy hou haar dop en was daar geen kameras in die toilet omgewing nie (bedoelend op die deure gefokus), wat gemonitor word.

Annamarie Olivier ·

Gee sy naam hoekom hom verder beskerm. Daar behoort oppassers te wees ek kan nie verstaan hoe dit kon gebeur nie.

*** ·

Sy naam mag nie gepubliseer word nie om die identiteit van die minderjarige kind te beskerm.

Angelique ·

As jy in vandag se SA glo dis nog oky vir jou 6 jarige kind om alleen die toilet te gaan besoek en dat sy sal regkom “want sys al mooi groot” hoe dink ouers?? Ouers van vandag is te sleg te lui om handjies te vat en seker te maak hul kids gaan fine wees sys nie groot genoeg om haar self uit die kloue van n vekragter te red nie.. En n bord kos is beslis nie so belangrik nie. My seun is al 9 en ek loop steets met hom hand aan hand. 5min van daai mamma se tyd saam ha dogterjie kon als verander het… En baie sou sê dis ni die ma se skuld nie….. uhm het die ma na haar kind om gesien het dit nie gebeur nie..

AG ·

Soveel mense vra hoe het ons land so siek geword? Een verkragting na die ander een! My eerlike opinie – Dit begin by die sogenaamde onskuldige pornografie wat ons mans so graag kyk (moet net nie dat my vrou-lief uit vind nie, want sy gaan flip!!) en vrylik beskikbaar is op die internet. Dit begin by die ma wat vir haar laerskool seuntjie ‘n selfoon gee, met “free WiFi”. Dit begin by die nuuskierigheid, dan net nog een keer, of wag, ek het nie geweet jy kan dit of dat….dan word dit ‘n gewoonte, en dan is dit mos nie meer snaaks nie! Dan moet daar gesoek word na meer “ extreme” goed om na te kyk….dan begin jy fantaseer en nie baie lank daarna, ontwikkel jy ‘n opsessie……Gooi my maar met klippe, maar is dit nie dalk ‘n logiese verduideliking nie! Dis mos so onskuldig….of is dit?
Ek dink ons moet eers ons eie huise uit vee, want dis waar als begin. Die media maak als mooi wat half naak is, die sangers se musiek video’s is so uitloklik, ons klein kindertjies dink die oulike liedjies wat pappa en mamma so graag in die kar speel is so cool en sing saam die woorde! Die woord sexy word ‘in elke sin gebruik, of pappa wys gou vir Boetman, “ het jy daai sexy girl’tjie gesien?” Hou asb op! Ons maak ons kinders goedkoop groot!
Dis net my opinie!

Riets ·

My grootste bekommernis is die getuie wat gesit het en al die gevaar tekens gesien het maar net mooi niks gedoen het nie? jy kom op gestaan het en saam met die kind geloop het om te verhoed dat die man haar pla of dit jou kind is of nie. maar is nou voor in die koor om sy storie aan enie iemand te vertel het. jy is nie n held nie!

JJK ·

Hy het dit nie gewitness nie. Lees weer die FB inskrywing, APPARENTLY – nou hoekom sou hy dit se as hy dit self gesien het? Hy het net op FB gedeel wat in die restaurant gebeur het, nie as n getuie nie.

Herman ·

Ek dink die getuie het eers agterna besef dat ‘n misdaad voor hom afgespeel het. Ek wonder wat sou gebeur het as die mans doodeenvoudig die bestuurder verwyder het en die bunduhofprosedure uitgevoer het met summiere teregstelling van die verkragter. Dis immers wat hy verdien. In die agtergeblewe gemeenskappe kraai geen haan daarna nie. Ek wonder maar net… Dit kook hier binne my. Die arme kind. As haar ma nie na haar gaan soek het nie, was sy heelwaarskynlik nou dood.

Ina ·

Dis di wreedste v wreed!! Verkragters kan alleenlik net di doodstraf kry. Ek gaan ni vir hom in di tronk sorg ni ???

ZeeBee ·

Ken die Bestuurder die Kinder VERKRAGTER, vra net omdat die Bestuurder die Kinder VERKRAGTER beskermer en hom toesluit???

Lizzy ·

Nee… Dit was meer met die doel sodat die mans wat hom op sy plek gesit het, nie in die tronk beland vir aanranding , moord of poging tot moord nie.

Jadin ·

Eks n Vader en wanneer ek en my 8 jarige dogter iewers in mall stap en sy het n behoefte neem ek haar maar saam met my in die mans tiolet en ek laat die deur skuins oopstaan en ek wat wagstaan voor die deur.Dis hoe n mens dit doen,ek sal haar nooit alleen laat ingaan by die damesafdeling nie. punt./Alles is deesdae net te onveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.