Man in hof ná hy kind glo probeer gryp

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn 24-jarige man het Vrydag in die Roodepoort-landdroshof verskyn nadat hy ʼn dag tevore glo ʼn jong kind by ʼn winkelsentrum in Florida aan Gauteng se Wes-Rand probeer gryp het.

Maroela Media het vroeër berig hoe ʼn ma, haar vierjarige dogtertjie en ʼn vriendin omstreeks 17:00 by ʼn tafel in ʼn pizza-restaurant in die Goldman Crossing-sentrum sit. ʼn Man storm dan skielik nader, spring oor ʼn lae reling en kry die kind in ʼn wurggreep beet.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê die “onbekende man het die kind aan die nek gegryp, asof hy haar wou saamneem”.

ʼn Omstander gryp blitsig in om die man in bedwang te bring en hy word in hegtenis geneem.

Die voorval het intussen heelwat bespiegeling uitgelok.

Die motief vir die aanval is in hierdie stadium egter onduidelik en dit blyk dat die man nie aan die slagoffers bekend is nie.

Makhubela het verdere navrae oor die hofverskyning na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys. Maroela Media het ʼn navraag aan die NVG gerig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mieke ·

Sjoe!! Wat word van ons samelewing deesdae? Skrikwekkend! En ook so onverwags – mens wil net êrens ontspan met ‘n koffietjie of so en dan gebeur dit!!! Vandag se ouers moet groot, groot asb. julle kinders mooi oppas! Julle kinders is meer as net goud werd! Dis net ‘n oomblik…

Bernie ·

‘heelwat bespiegeling uitgelok?’ Ag asb… die man het reguit vir die dogtertjie gegaan, wat is daar om oor te bespiegel? Maak nie saak watse ‘rede’ hy gee nie, niks sal dit regverdig nie. Mense so daai het ‘n one way ticket hel toe! Hoop mamma en dogtertjie is okay, shame daai arme klein lyfie! Sterkte mamma! Die man wat gehelp het, is ‘n held!

Retha ·

Die oorspronklike bespiegeling op fb was dat dit dalk die dogtertjie se pa kon gewees het. Dink dit is aanvanklik waarna die berig verwys

Oros Soros ·

Noudat hy in die hof verskyn het, mag sy naam seker gemeld word en van waar hy afkomstig is? SAPD wat die bal nou aan die NVG gee om te antwoord?

Ferryman ·

Ek dink nie die man was by sy volle positiewe nie. Sal nie verbaas wees as die man dalk n skisofreen is wat van sy medikasie af is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.