Man in hof ná meisie (3) se dood

Mortimer Saunders. Foto: Twitter

ʼn 40-jarige man het Woensdag in die Goodwood-distrikhof verskyn in verband met die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters.

Mortimer Saunders, wat in Plutostraat in Elsiesrivier woon, het nog nie gepleit nie. Die hofsaal was volgepak en landdros Paul Visagie het die saak tot 24 Mei uitgestel.

Hy staan tereg op aanklagte van ontvoering, moord en twee aanklagte van verkragting. Die beskuldigde is op 15 Mei in hegtenis geneem.

Colin Lekay, die beskuldigde se regshulpverteenwoordiger, het gesê die beskuldigde werk in ʼn inbelsentrum en sy inhegtenisneming plaas sy werk in gedrang. Die hof het op versoek van Lekay ingestem dat die beskuldigde in die Goodwood-gevangenis se hospitaalafdeling aangehou word aangesien hy glo doodsdreigemente ontvang.

Gemeenskapslede het buite die hof betoog en geëis dat die beskuldigde nie op borgtog vrygelaat word nie.

Courtney se liggaam is Saterdag in die omgewing van Bofors-sirkel in die Epping-nywerheidsgebied gevind. Sy is op 4 Mei as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer gesien is toe sy glo buite gespeel het.

Die beskuldigde is glo bekend aan Courtney se ouers en het glo ʼn kamer by hulle gehuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ai ·

Ek dink nie ek sal ooit verstaan hoekom n volwasse man n kind verkrag nie. Ek wil ook nie. Dis net absolute boosheid. Al wat ek weet is as hy dink die tronk is erg, wag tot jy voor Die Skepper staan! Stop, drop en roll werk nie in die hel nie!!!!

Anoniem ·

Nou vrees hy vir sy lewe…maar wat van kleine Courtney…sy het ook gevrees vir haar lewe en die man het dit geneem….Hy het nie hart gehad vir haar….Moet nou nie laat ek my hier uitlaat en dinge se wat eerder nie gese moet word nie.
Mense soos die man verdien nie om te lewe nie. Hy verdien die dood nog te meer as die kleine dogtertjie……….

JK ·

Nou is hy bang vir wat met hom gaan gebeur in ‘n tronk – dieselfde as wat hy aan die kind gedoen het. Hy was toe baie braaf – hoekom worry hy nou?

Irene ·

Sjoe, julle mag nie iemand se identiteit bekend maak as hy nog nie gepleit het nie??

Poppie ·

Hoor hier, slimmes…. As ek hier lees dan klink dit of jy WEL tronk toe gaan…dink net wat daar gaan gebeur…so of jy nou in die tronk is of later, dit maak nie saak nie. Hoe durf jy ‘n onskuldige kind se lewe neem en haar deur die lyding sit, hoe moes sy haarself beskerm het teen jou..iemand wat soveel groter is as sy! Jy het haar weg geneem van haar familie en sy het NIKS gedoen om dit te verdien nie…en nou vrees jy vir jou EIE lewe… Jy het NIE aan haar lewe gedink nie…het jy?!

Ashley ·

Die doodstraf behoort aan sulke varke gegee te word! Hoe kan n man dit aan so n kleiene lyfie doen! My hart gaan uit na die ouers mag die reg julle nie teuleerstel nie!

Piet Pompies ·

‘n Volwasse person wat sy hande in 3 jare kind inslaan verdien die hoogste straf. Hierdie soort mense hoort nie in die samelewing maar agter slot en grendel tot hy sy laaste asem uitblaas.

Jelly ·

DIT IS VERBY wreed, ek kan nie die arme kind se marteling voorstel nie. My vraag nou — gaan hulle ook hierdie ou se plek afbrand en sommer ‘n paar buurmanne s’n ook net omdat hulle nie wil he hy moet op borgtog vrygelaat word nie? Hy word in die hospitaalafdeling van die gevangenis aangehou omdat hy doodsdreigemente ontvang het, dit is lekker veilig .. spesiale treatment.

Kapenaar ·

Sy regsverteenwoordiger ” Die inhegtenisname bring sy werk in gedrang” Sluit die regsverteenwoordiger saam met hom toe. Hoe kan ‘n prokureur sy gewete so verkrag om so ‘n dier te verdedig??

Nivea ·

Nie eers die doodstraf regverdig of maak dit beter wat hy gedoen het nie. Van my tax geld moet ek nog vir hom kos en seep voorsien. My voorstel is gee hom vir die gemeenskap, laat hulle ‘n voorbeeld maak, want dit gaan my verstand te bowe dat jy ‘n kind ‘n baie so leed kan aandoen. ‘n Ma moet vir altyd leef met die denke oor haar dogtertjie. Geen ouer kan enigsins ‘n normale lewe he na so iets nie.

henk ·

Sy is twee keer deur die maaksel verkrag. Kan nie wag dat hy tronk toe moet gaan nie. Hulle sal sy gal vir hom werk.

Theresa ·

Basta met in ‘n hospitaal skuil!!! Daar is baie mense en kinders daar wat nou aan hom uitgelewer word en hul besef dit nie eers nie. Sit hom in ‘n sel tot sy tronkstraf toe. Daar is GEEN verskoning vir sy optrede teenoor ‘n brose kind nie. Gee hom aan die woedende massa.

J van den Heever ·

Ek dink nie daar is woorde vir so iets nie. My simpatie.aan die gesin

AP ·

Hoekom wys hulle nie sy gesig op tv nuus nie wat maak hom so spesiaal!!! Dit is verskriklik wat hy aan die arme kindjie gedoen het. Sterkte aan haar familie!!

AP ·

Irene, te hel met nie so ‘n persoon identifiseer nie, in hierdie land van ons word weinig wettoepassing gebruik, die kindjie moes deur hel gegaan het!!

Frederick ·

Is die man skuldig bevind deur die loop van die reg of deur mense? Indien dit aanvaarbaar is om ‘n verdagte sonder regsprosesse ens. skuldig te vind en te veroordeel, moet elkeen wat ooit gearresteer is hievolgens vervloek en skuldig verklaar word.
Ja, ons gemoedere loop hoog, maar dit verskoon nie blinde oordeel en vervloeking sonder skuldigbevinding nie.

Kim Bester ·

Ek kan net bid dat God sal kom en n einde maak aan al die seer. Ons sien net dit wat in die nuus is en voel soos ons nou voel , dink net God sien als. Hy het geen respek vir God se handewerk nie. Elkeen van ons word tog deur hom geskape. Die wederkoms is naby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.