Man in hof ná moord oor sigaretgeld

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Mohlaudi Moloi (39) het Maandag vlugtig in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van moord.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 28 April uitgestel vir aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.

Moloi word daarvan beskuldig dat hy Matlale Mokoena (30) op 31 Maart 2020 by die oorledene se ouerhuis in Bethlehem met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het. Maroela Media het vroeër berig die twee het glo stry gekry oor sigaretgeld. Mokoena se familie het hom later met ʼn steekwond aan die keel aangetref. Hulle het dadelik ʼn ambulans ontbied, maar Mokoena is op die toneel dood verklaar.

“Moloi was sedert die moord voortvlugtig en hy is Vrydag deur beamptes van Bohlokong aangekeer ná inligting oor sy wegkruipplek opgevolg is.”

Die verkoop van sigarette is sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Steady Eddie ·

Hier kom ‘n ding !!!
Ek het seker 15 jaar gelede, ‘n spotprent gesien waar ‘n man met twee kanne water, deur ‘n booswig gedreig is met “Jou water, of jou lewe !?!?!?”
Nou word ‘n lewe geneem vir ‘n paar rand !!!
Die bevolking raak nou moeilik; kos, water en ander produkte is op en hierdie soort optrede is die begin van chaos !!!
Ek sê maar net …

Michael 1 ·

Dit klink so onwaar,is dit wat gebeur as jy groot word sonder liefde,Godsdiens en n gedisiplineerde opvoeding?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.