Man in hof ná moord op Baaise polisiebeampte

Dwane Kemp en sy vrou, Candice Kemp. (Foto: Facebook)

Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn polisiebeampte tydens ʼn gewapende rooftog verlede week in Port Elizabeth doodgeskiet het, het Dinsdag in die hof verskyn.

Die 24-jarige verdagte het Dinsdag vlugtig in ʼn hof in Port Elizabeth verskyn vir die moord op konst. Dwane Kemp (31) tydens ’n gewapende rooftog verlede week.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is dié verdagte een van vyf wat verlede week ’n Baaise bakkery beroof het. Polisiebeamptes het op die rooftog reageer waartydens Kemp sowel as vier verdagtes doodgeskiet is.

Die vyfde verdagte het egter op die vlug geslaan waarna hy Saterdag deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdade by sy ouers se huis in Algoa Park aangekeer is, het Mulaudzi vroeër gesê. Kemp is op dieselfde dag ter ruste gelê.

Maroela Media het vroeër berig Kemp is gedurende die rooftog in die bolyf geskiet toe polisie op dié gewapende rooftog reageer het. Kemp is na die naaste hospitaal gehaas waar hy etlike ure later aan sy beserings beswyk het.

Bheki Cele, minister van polisie, het die begrafnis Saterdag bygewoon waartydens hy op die inhegtenisneming van die oorlewende verdagte aangedring het.

“Die lang arm van die gereg ken geen grense nie. Maak nie saak waar jy wegkruip nie, ons sal jou vind.” Cele het gevolglik polisiebeamptes asook die Valke geloof vir die spoedige inhegtenisneming van dié verdagte.

Die verdagte, wat tot op hede nog nie geïdentifiseer mag word nie, word aangekla van moord, poging tot moord, sakeroof asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 5 Februarie waartydens hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Giel ·

Ek haar aan uit die berig hier bo:

Bheki Cele, minister van polisie, het die begrafnis Saterdag bygewoon waartydens hy op die inhegtenisneming van die oorlewende verdagte aangedring het.

“Die lang arm van die gereg ken geen grense nie. Maak nie saak waar jy wegkruip nie, ons sal jou vind.”

Ek moes nou paar maal hierdie van Bheke Cele lees. Ek dink hy het dit gesê net omdat hy voor ‘n gehoor gepraat het, as hy nou dit met statistiek kon beaam sou dit nogal gaaf gewees het. Ons so soveel veiliger in die land gevoel het.

Anni ·

Ja siestog hu hardroerend is sy boodskap. Plaas hef hy tronkstraf op na DOODSTRAF!!!!!!! Wat de hel help dit di gereg vang hul, om heerlik gratis in tronk te sit. Wat my baie hartseer maak is dat dit een van handjie vol blankes is Wat oorlede is. Ek het so gehuil met di TV uit sending. My harsh gaan uit na julle alma

Michelle ·

Ek loof ook die manne vir hul vinnige optrede en die arm van gereg ken geen grense nie Bheke Cele kan ons dit toepas op alle misdadigers in die land ons is immers geregtig om veilig rond te beweeg die misdadigers beweeg vrylik ons sit in ons eie wonings agter tralies

wielie ·

HOEKOM mag die moordenaar nie geidentifiseer word?????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.