Man in hof ná moord op burgemeester se seun

hof-hamer

Argieffoto.

Die 22-jarige man wat aangekla word van die moord op ʼn Noordwes-burgemeester se seun, het Vrydag in die hof verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Vumile Vemendleni het vlugtig in die Potchefstroom-landdroshof verskyn nadat hy Donderdag in hegtenis geneem is. Die saak is tot 3 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Vemendleni word verdink van die moord op Mike Maimane (30). Maimane is die seun van Kgotso Khumalo, uitvoerende burgemeester van die Tlokwe/Ventersdorp-munisipaliteit. Maimane se liggaam is op 18 Februarie in ʼn straat in Ikageng naby Potchefstroom gevind.

Hy is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Maimane is ook beroof. ʼn Begrafnisdiens word Saterdag in Potchefstroom gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieter ellis ·

Mensdom, dit is net moord en doodslag. Nog n familie in rou en nog n booswig om op ons onkoste te onderhou.

Ek meen dit is hoogtyd dat tronke as selfonderhoudende eenhede moet funksioneer. Geen staatsgeld, let wel belastingbetaler geld, om hulle te steun nie. Eie groente tuine, skaap, bees, hoender areas moet deel van elke tronk se setup wees. Eie werkswinkel om alles te herstel. Surplus groente en ander kosprodukte moet aan die gemeenskap verkoop word om selfonderhoudend te wees. Ook sommer hulle eie energie opwek vir elektriesiteit.

Dan moet die ellendige tronkvoels ook sommer as chaingangs openbare werk verrig soos sypaadjies, begrafplase, skoonmaak en pothole regmaak. Of anders moet ons maar terugbeweeg na moord vir elke moordenaar?

Jaco ·

As daar moord in n ANC-hoë se familie is, onderzoek die SAPD dit dadelik en die skuldige word ook sommer gou gevang. Ek wonder net hoe gaan hierdie saak verder loop, want die moordenaar is van diezelfde ras as die slagoffer en sy ANC-naasbestaandes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.