Man in hof ná moord op Kaapstadse ma

Laura Dryden is Vrydag vermoor.

ʼn Kaapstadse man het Maandag in die hof verskyn ná die moord op ʼn ma van twee.

Die 36-jarige man het vlugtig in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn, waar hy teregstaan vir die moord op Lauren Dryden.

Dryden (31), van Bonteheuwel, is Vrydag beroof en vermoor terwyl sy vir haar saamrygeleentheid huis toe vanaf haar werkplek in Epping gewag het. Sy het pas haar nagskof klaar gewerk.

Angus McKenzie, ʼn wyksraadslid van Bonteheuwel, het buite die hof gesê die gemeenskap het Vrydag saamgewerk om ʼn verdagte te help identifiseer.

“Ons staan saam as ʼn gemeenskap,” het McKenzie gesê.

Volgens hom is geslagsgebaseerde geweld ʼn groot probleem en die aftakeling van die strafregstelsel moet dringend gepak word omdat die beskuldigde glad nie in ʼn posisie moes gewees het om dié moord te kon pleeg nie.

“Daar was verskeie ander hofsake waarvoor hy tronk toe gestuur moes word.

“Ons is nie hier net om die familie te ondersteun nie, maar ook om druk op die hofstelsel te plaas sodat dit nie hierdie gesin weer in die steek laat nie. Dit kan nie nog ʼn slagoffer in die steek laat nie. Hierdie ou moet tronk toe gaan.

“Hy moet die res van sy lewe in die tronk deurbring en nooit weer daglig sien nie. Daardie jong ma gaan nooit weer daglig sien nie,” het McKenzie gesê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot Maandag uitgestel sodat die beskuldigde regshulp kan bekom. Borgtogverrigtinge sal na verwagting ook dan begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Juls ·

Die patetiese strafregstelsel is aandadig in hierdie moord en die een op Brendin Horner waar die krimineel op vrye voet was na die soveelste inhegtenisname. SWAK!!!!!

Sarel ·

SA se Regstelsel beskerm nie die Burgers maar is Misdaad Vriendelik

JohanR ·

Jy maak jou nagskof klaar net om ‘n paar pennies te verdien om jouself en familie aan die lewe te hou, dan hier kom ‘n gemors aan en beroof en vermoor jou. Wat ‘n ANC land!

H ·

blameer malema ! dis sy mense wat moor, roof en verkrag. Hy skuil agter die media en laat sy soogenaamde uneducated ground forces sy werk doen !!!!!!!!!!!!!!

Francois ·

Hoe kan jy nou sonder enige feite enigiemand blameer? Daai moordernaar kon vir enige party gestem het, of waarskynlik nie eens gestem het nie. Maak seker van jou feite. Moenie soos Trump kom Fake News uitblaker nie.

Francois ·

Die eienaar van die besigheid moet sorg dat sy nagskof personeel ‘n veilige rit tuis het… In daardie area(en eintlik enige area) is dit ‘n moet!

Leon ·

Kom ons wees eerlik met mekaar, daar is nie behoorlike toesig oor die juridiese proses seems of die daaropvolgende gevolge van besluite om diegene op borg of selfs op eie verantwoordelikheid vry te laat wat duidelik geen verantwoordelikheid toon vir hulle dade neem nie.
Laat die GPF’e hierby ook insluit sodat meer fasette van die juridiese proses gemonitor kan word.
Tweedens, gee n liggaam soos die GPF meer toegang tot oorsig en rapportering aan die stelsel, op watter vlak ookal!

Blomme ·

Is dit regtig die omstandighede waaraan ons in die land gewoond aan sal moet raak? Jy moet konstant oor jou skouer loer en steeds is jy nie veilig nie.

agnes ·

N moordenaar moet nie nog die luukse van n tronk geniet nie, julle weet wat ek se

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.