Man in hof ná moord op ma, dogter

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vrou en haar dogter vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Frederick Molewa (35) sal in aanhouding bly tot hy Woensdag om borg aansoek doen.

Molewa is op 6 Maart in Germiston in hegtenis geneem in verband met die moord op Mary Mangena (63) en haar dogter Hermina (40). Hulle is op 3 Maart in hul huis in Sasekani buite Tzaneen doodgeskiet.

Mary is op die toneel dood verklaar terwyl Hermina die volgende dag in die hospitaal oorlede is. Molewa was glo in ʼn verhouding met Mangena se jonger dogter. Sy was nie tuis ten tye van die skietery nie. Molewa en die jonger dogter het glo tot onlangs saamgewoon. Sy het glo uitgetrek nadat hulle stry gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Hierdie aanvalle en moorde op ons vroue sal nie ophou voordat mans ophou om vroue as hulle persoonlike eiendom te sien nie. Aan die mans: as ‘n vrou jou nie wil he vat die pad!!!

e

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.