Man in hof ná moord op SA vrou in Mauritius

Lara Rijs. Foto: LinkedIn.

ʼn Veiligheidswag van die behuisingskompleks in Mauritius waar Lara Rijs (34), ʼn Suid-Afrikaanse burger, gewoon het, het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord.

Sahib Meerhossen (54) is kort nadat Rijs se liggaam gevind is in hegtenis geneem en het in die Pamplemousses-hof verskyn op aanklag van moord. Hy het die aantygings teen hom ontken. Die saak is volgens berigte tot 22 Augustus uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Rijs, wat ook Switserse burgerskap gehad het, se halfnaakte liggaam is Maandag in ʼn plas bloed op haar bed aangetref nadat sy nie vir werk opgedaag het nie. Rijs het glo in ʼn veiligheidskompleks, AO Résidence de Luxe in Pereybere, gewoon.

Volgens berigte het sy ʼn diep sny aan haar nek gehad. Ander mediaberigte lui sy het ook ʼn wond aan haar maag gehad en dat sy glo ook verkrag is. Die moord is moontlik al Sondagaand gepleeg.

Dave Elzas, hoof van die Geneva Management Group waarvoor Rijs gewerk het, het sy hartseer oor haar dood uitgespreek.

“Almal by die Geneva Management Group is verpletter en baie hartseer oor die nuus van Rijs se dood,” het Elzas gesê.

Nelson Kgwete, woordvoerder vir die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in Suid-Afrika, het aan Maroela Media gesê “ons het steeds geen inligting nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Mens verlaat SA want dis veiliger elders. Intussen… is dit nie altyd nie.

Gerhard ·

So die een moord van ‘n Suid Afrikaner in die hele groot buiteland die jaar is gelyk aan die duisende in SA in die selfde jaar?

Tiger ·

Die regering SAL geen inligting he nie want hulle stel bloot nie belang nie.Was sy van ‘n etniese groep het die regering als geweet.Ons simpatie gaan uit na haar familie.

julius ·

Hulle is ‘n baie trotse nasie en het ‘n lae werkloosheidsyfer. Minimum misdaad en baie vriendelik en behulpsaam. Ek glo nie hy is skuldig nie. Miskien ‘n vakansieganger maar nie hy nie.

anton ·

Nee Julius…….daar is nie n nasie in die wêreld wat nie tot moord instaat is nie!!!
As die duiwel in jou invaar, sal jy selfs kan moor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.