Man in hof ná moord op toeris

Ivan Ivanov en sy vrou, Tina.

ʼn 23-jarige man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn Oekraïnse toeris die naweek in die Tafelberg Nasionale Park.

Volgens News24 was Sinaye Mposelwa uit op parool toe die moord gepleeg is. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig dat die ander twee verdagtes steeds soek is.

Die toeris is intussen geïdentifiseer as Ivan Ivanov (44). Hy het Saterdagoggend in die park in Houtbaai gestap toe hy omstreeks 11:00 deur drie mans naby die Oos-Fort aangeval is.

Ivanov is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voordat die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin op die vlug geslaan het. Lede van die buurtwag het een van die verdagtes vasgetrek en van die gesteelde goedere is in sy besit gevind.

Ivanov se skoonsuster, net bekend as Dina, het intussen in ʼn brief haar dank teenoor die Houtbaai-gemeenskap uitgespreek vir hul hulp om een van die verdagtes vas te trek.

Sy het gesê Ivanov was ʼn liefdevolle man vir haar tweelingsuster, Tina, en ʼn wonderlike pa vir sy drie kinders, Glen (20), Taisia (11) en die tweejarige Makar.

“Hy was hardwerkend, het drie grade gehad en vier tale vlot gepraat.” Ivanov was tydens sy dood op ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika en het die land volgens berigte al by twee vorige geleenthede besoek.

Hy het saam met sy gesin in Genève, Switserland, gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Kobus ·

Will graag weet op watter grond het hierdie vent parool ontvang. Laat die persoon wat in beheer van sy parool was asseblief aan die hof kom verduidelik.

Magda ·

Dei mense oorsee – wees gewaarsku – Suid Afika is NIE n land wa tveilig is om te besoek nie – BLY WEG ASB.

Frans C ·

En so word ‘n waardevolle lewe beëindig deur ‘n misdadiger wat nooit op parool moes gewees het nie.

James ·

Toeriste bly weg!!! Jou kans is groot dat dit met jou gebeur. Hier is amper 70 moorde n dag.

CHAPPIES ·

BAIE GELUK ANC REGERING!!

JUL KAN MOS NET JUL EIE VEILIGHEID MET LYFWAGTE BORG…IN Ñ TOTALE CHOATIESE SWAK MISDAAD PARADYS

Iens ·

Ja baie geluk dat julle ANC ons pragtige land verander het in n afskuwelike walglikheid.

Anoniem ·

Ek weet nie wat enige buitelandse toeris besiel om hierdie land te wil besoek nie. Lees hulle nie koerante nie?

Gert ·

Anoniem,

Ek bly in Amerika, niks van hierdie goed word ooit die’ kant gepubliseer. Mense gaan SA toe want dis goedkoop en ‘n mooi land, en hulle luister nie as mens hul sê wat aangaan.

Anoniem ·

DRIE Grade. Gesinsman. Goeie mens. Ek kyk deur wie en wat hy afgemaai is. What a waste.

Ja nee ·

SA jou pad van verwoesting is oop, jou rigting is agteruitgang en jou uitkoms is min.

Bianca ·

Dis TRAGIES om die minste te sê!
Baie sterkte aan dié man se gesin…

BLY WEG UIT SA jou lewe is nikswerd hierso nie!!!

Cat ·

Bianca en ander. Dit is om na net eenkant te kyk as jul sê moenie SA besoek nie. Wat van die toerisme bedryf. Weet van iemand met 2 kinders op universiteit en niemand van oorsee kom kuier sodat daar brood op die tafel kan wees nie.

Hanlie ·

Weet nie hoekom hierdie moordenaars nog parool kry nie. Flip, het die mense wat die parool so vrygewig gee, nie oe in hulle koppe om te sien dat dit elke keer gebeur nie. Dit stink!!!

Joe Olivier ·

En wat sê die minister van justisie. Sy dept. het die publiek gefaal en steek die land in die skande. Maar Janusz Walus moet bly sit as magsvertoon van die anc en sakp.

Adri ·

Die landdros of regter wat die moordenaar op parool vrygelaat het, is direk aandadig aan die moord en behoort daarvoor aaspreeklik gehou te word.

Elvira ·

Ek stem saam. Sooooò siek en sat vir die kriminele wat parool kry in hierdie land.

Kat ·

Dis nogal baie waar A3 !!! Ek stem saam …
Dis oral in die wêreld gevaarlik..en varkerig SA is nog lank nie n varkhok nie Santie! Ander lande het ook probleme. Slaap wakker beskerm jouself wees paraad.. En hou op kla jy het geen idee hoe lekker jy dit in SA het nie!!!!! Europa is meisie verby!!!

KaterinaKat ·

Ja Europa is besig om agteruit te gaan maar dit beteken nie dat ons dit lekker het in Suid Afrika nie!! Ek sou liewer my kanse in Europa vat as ek en my gesin maar net kon bekostig het te ontsnap uit hierdie helhool!!

Se maar net ·

Dink nie jy weet mooi waarvan jy praat nie.
Daar is wel ander lande in Afrika wat gaos is. Daar is Islamietiese lande wat gaos is.
Daar is Europa en Amerika, Australia, New Zeeland en nog vele meer wat fantasties is. Lande waar jy nie in ‘n permanente toestand van paraatheid en spanning moet leef oor geweld omdat dit as normaal op jou afgedwing word nie. (Ek weet want ek was al oral)
Wat hier aangaan is beslis nie normaal nie en ek sal dit nooit as normaal aanvaar nie. Ons leef in ‘n varkhok. Kyk jy nie om jou heen nie? Gauteng lyk soos ‘n massiewe ashoop. Klein dorpies reg oor die land val uitmekaar en is vieslik vuil….so kan mens aangaan.
Ons pragtige land is daarmee heen.
Maak geen fout mens is lief vir die plek, maar help nie om jouself blind te staar en bly se ons moenie kla nie.

Johanna Botha ·

Hoeveel meer is daar nog op parool …oorsee se mense moet vir nou net wegbly die plek is lewensgevaarlik. Die regering weet dit maar doen niks !

Elizabeth Venter ·

Lede van buurtwag het verdagte vasgetrek ….. Waar was polisie weereens! Volg seker soos gewoontlik “leidrade” op. Al wat ons in die laaste tyd hoor “geen verdagtes” en moordenaars nog op “vrye voet”. As die skuldige/s dalk gevang word word parool toegestaan en die hele kringloop begin van weer van ooraf en onskuldige mense en hul families se lewens word opgeoffer/verwoes.

Bianca ·

En jou punt is nou presies,WAT Cat?
Is brood opi tafel,nou werklik belangriker as om n lewe te verloor as toeris…?
Soo KOM SA TOE asb!ons kort julle GELD…maar die kans dat jy teruggevlieg kan word as n LYK in n “staalkis” is baie

anoniem ·

dis die rede hoekom suid afrika geen bod kry soos rugby nie. dis hoekom Frankryk die bod gekry het om in 2023 die wereldbeker rugby aan te bied. die wereld moet asb nie suid afrika besoek nie. suid afrika is glad nie veilig nie.

Kat ·

Dit is so waar ek kyk om my rond en ek sien mense in Europa wat ontlas en urineer op straat aramlastiges dronk varkerige mense..Klein dorpies se kanale groen van mens ontlasting..vrot gemufde geboue..Vrot vuil lig besoedelde dorpies… geen tuine om groente te plant of ñ hond ñ ordentlike lewe te gee nie! Hier sit hulle hul diere in hokke in die snik hitte vas geketting op die stoepie vir woefie.. Kos is baie duur vleis oe wee baie swak gehalte en bitter duur.. ek sien ook hoe mense selfbestaan in SA maklik kan bemag. Ek kyk om my en ek sien dat mense in SA baie beter lewenstyl het as in Europa,Amerika.,NZ ..Ek weet beslis mooi ,jou gedink sal jou meer suurder maak! Doen iets jy was oral.. Oral behalwe in jouself.. my het verloor jy is swak en kla kla kla.. Wat is normaal? Jy was 30 jaar terug oral!!! Dinge verander mens anvaar dit.. DOEN IETS!!! Europa is kapoet ek dink nie ek weet jy was ek is ..
Sterkte

Lory ·

Kat ek verstaan wat jy bedoel. Mense dink altyd dis beter elders, tot dat hulle daar is in die “beter” plekkie. Die Franse is vuil ombeskofte mense wat almal vermaak met French touch maar eintlik is alles maar gemaak in China. Bombastiese agteraf nasie wat voorgee. Vermy enige groot byeenkomse in Frankryk jy het nie ñ idee wat daar skuil nie..Die Europa parras weet hoe om alles mooi toe te hou..warheid word so versteek

HPV ·

Kom ons wees realisties, jy sal vêr moet soek om ‘n land te vind waar 57 mense per dag vermoor word. Selfs in oorlog geteisterde lande sterf daagliks minder. In hierdie helhool sterf 19000 mense per jaar vir 25 jaar en ons tel voort! Feite is al wat tel.

Diefie ·

En met trots bied SA regering aan: Moordenaars en kriminele uit boonste rakke. Ons is altyd daar vir misdaad.

ES ·

Ek dink dit is tyd dat ons regstelsel verander word sodat kriminele wat ernstige misdade pleeg nie enigsins in aanmerking vir parool mag kom nie.

Hierdie is weereens ‘n bewys dat 99% van kriminele nie gerehabiliteer kan word nie. Hulle moet uit die samelewing verwyder word!

HPV ·

Mens kan slegs mense rehabiliteer as hulle in die tronke is. Die misdaad en die tronk syfer klop egter nie, wat beteken duisende misdadigers loop buite rond. Neem byvoorbeeld die moordsyfer van ongeveer 19000 per jaar of 475000 oor 25 jaar, met ongeveer 200000 in tronke, waar is al die misdadigers dan? Dit is slegs die moordsyfer, wat van die ander misdadigers?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.