Man in hof ná moord op vrou

Dene Stebuys. Foto: Raahil Sain/ANA

ʼn 40-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou met ʼn klip doodgeslaan en sy seun met ʼn mes aangeval het, sal Dinsdag weer in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn.

Dene Stebuys se verhoor het reeds in Mei verlede jaar begin, maar is al talle kere uitgestel. Stebuys word daarvan beskuldig dat hy sy vervreemde vrou, Marilyn (36), op 5 Junie 2016 vermoor het.

Marilyn het minder as ʼn maand voordat sy vermoor is ʼn beskermingsbevel teen Stebuys bekom uit vrees dat hy haar en haar kinders sou leed aandoen.

Stebuys het glo die aand van 16 Mei 2016 by hul huis in Vaaldam opgedaag. Hy het glo tydens die voorval hul 16-jarige seun met ʼn mes gesteek en Marilyn aangerand. Sy het hierna die beskermingsbevel bekom.

Dene Stebuys. Foto: Raahil Sain/ANA

Marilyn het op 5 Junie saam met ʼn ander man gestap toe Stebuys glo na hulle aangehardloop en Marilyn met ʼn klip doodgeslaan het. Haar liggaam is naby die sportkompleks in die Maak ʼn Las-nedersetting gevind.

Stebuys is op 6 Junie 2016 in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van moord, twee van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en die verontagsaming van ʼn beskermingsbevel.

Die Stebuys-egpaar se kinders is nou in die sorg van hul oupa en ouma en het tydens die verhoor as getuies vir die staat getuig. Stebuys het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Stebuys het al drie keer om borgtog aansoek gedoen, maar dit is elke keer geweier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kabous ·

Wens die beskuldigde verloor die reg om sy gesig te verberg want hy steek dit weg omdat daar ander sake is waar mee hy verbind kan word. Ek is oortuig daar van.

tamboti ·

Omdat daar reeds beskermings bevel was, behoort hy dubbeld maksimum vonnis gestraf te word.
Die saak behoort binne 3 maande afgehandel te word, geen rede vir sloer of twyfel, maar in SA…………………eers moet hy kans kry om vir borgtog aansoek te doen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.