Man in hof ná ontvoering van seun (3) wat steeds vermis word

Ongezwa Mthimkhulu. Foto: Verskaf.

ʼn 46-jarige man het gister in die Orkney-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van die driejarige Ongezwa Mthimkhulu.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê Ongezwa het Vrydag 24 Augustus by die Bright Angels-kleuterskool in Kanana verdwyn.

“Die seuntjie se ma het hom na bewering die oggend by die kleuterskool gaan aflaai en toe sy die middag gaan om hom op te laai het hulle [personeel] haar ingelig iemand het reeds die kind kom haal,” het Myburgh gesê.

ʼn Saak van ontvoering is onmiddellik aanhangig gemaak. “Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn in verband met die ontvoering van Ongezwa wat steeds vermis is.”

Die man bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 10 September wanneer hy na verwagting aansoek sal doen om borgtog.

Ongezwa het ʼn rooi en swart langmoutop, blou en wit hemp, swart denim en wit en swart tekkies aangehad ten tyde van sy verdwyning.

Enigiemand met inligting oor Ongezwa kan sers. Tume Seteemane by (018) 464 5397 / 082 568 6909 / 082 568 6384 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Se maar net ·

Hulle vra vir inligting maar die man se gesig qord nie gewys nie en of hy dalk n voertuig gebruik of net bietjie meer sodat die publiek kan help.

Tanzie ·

Die man is gevang, so of hulle sy gesig wys of nie, dit is irrelevant. Die kind wat steeds vermis is, se gesig word gewys.

Sarie ·

Hierdie kinder ontvoerings ruk nou handuit. Dit is totaal onaanvaarbaar!!

$ ·

Kleuterskole het ‘n verantwoordelikheid om seker maak dat kinders slegs deur gemagtigde persone gehaal mag word. Hulle moet spesifieke reëlings tref met ouers in dié verband juis omdat die risiko van ontvoerings so hoog is; geen kleuterskool mag skuil agter “maar hy/sy het gesê dis so met jou gereël nie”; die skool moet self met die ouer seker maak indien die ouer nie persoonlik vooraf met die kleuterskool/skool/nasorg gereël het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.