Man in hof ná plaashuis in Fort Beaufort afbrand

(Foto: pixabay)

ʼn Man van die Oos-Kaap het Maandag in die landdroshof in Fort Beaufort verskyn op aanklag van brandstigting en huisbraak.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het gesê die 29-jarige man is Sondag in hegtenis geneem tydens ʼn 72-uur-reaksieplan nadat ʼn plaashuis in Fort Beaufort afgebrand het.

Ingevolge dié plan word bykomende hulpbronne dadelik beskikbaar gestel om ʼn saak te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn aantal vuurwapens is ook uit die kluis van die plaashuis gesteel.

“Fort Beaufort-polisie het Sondagoggend omstreeks 02:30 reageer op ʼn oproep van ʼn huisbraak in die omgewing. Toe polisiebeamptes by die toneel opdaag, het die huis ook in ligte laaie gestaan. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die eienaar was nie tydens die voorval by die huis nie,” het Tonjeni gesê.

Nog inhegtenisnemings sal volg en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rooikoos

Inside job.

david

Wat beteken ‘ligte laaie’ Dankie