Man in hof ná poging tot moord op polisiebeampte

Argieffoto

Dumisani Nene (37), wat tereg staan op aanklag van poging tot moord op ʼn polisiebeampte, het Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

Sy saak is tot 8 Julie uitgestel waar hy formeel kan aansoek doen om borgtog. Hy bly intussen in aanhouding.

Nene word daarvan beskuldig dat hy ʼn 33-jarige sersant op 28 Junie 2019 met ʼn mes gesteek het by Extention 11 in Ikageng buite Potchefstroom. Die polisiebeampte was glo besig om die man in hegtenis te neem in verband met ʼn klag van diefstal wat in Junie 2019 plaasgevind het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens inligting het die verdagte hom teen die inhegtenisneming verset, die polisiebeampte twee keer met ʼn mes gesteek en daarna van die toneel gevlug. “Die beampte is na ʼn hospitaal gehaas waar hy behandeling ontvang het. ʼn Soektog is van stapel gestuur en die verdagte is uiteindelik op 2 Julie in Ikageng aangekeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hoe is dit moontlik dat hy nie uit self verdediging op getree het nie. Hoeveel polisie moet nog vermoor word.

Judge Dredd ·

Hoekom poging tot moord?
As dit ‘n wit boer was dan sou slegs ‘n klag van aanranding gemaak word.

Pensioenaris ·

Hoekom het die polisie man hom nie geskiet nie? Dis mos self verdedeging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.