Man in hof ná polisiebeamptes in motor doodbrand

Foto: Drift Reaction/Facebook

Foto: Drift Reaction/Facebook

ʼn Man sal Woensdag in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag nadat hy glo onder die invloed van alkohol ’n botsing veroorsaak het waarin twee polisiebeamptes doodgebrand het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het Sondag omstreeks 01:00 in Ontdekkersweg in Roodepoort plaasgevind. Die man se BMW het van agter teen ʼn polisievoertuig, ʼn Mazda-sedan, vasgejaag. Die beamptes in die voertuig was ten tyde van die botsing besig om patrollie te doen.

Die polisievoertuig het aan die brand geslaan en konstabels Elias Thabo Dibete (34) en Thulasizwe Skhahla (38) het in die voertuig doodgebrand. ʼn Derde polisiebeampte, konst. Lesiba Chris Thubakgale (34), is uit die voertuig geslinger en moes per helikopter na die hospitaal vervoer word. Hy is in ʼn ernstige toestand, het Dlamini gesê.

Die bestuurder van die BMW is in hegtenis geneem en aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag is teen hom aanhangig gemaak.

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het kort ná die voorval die Roodepoort-polisiestasie besoek om die beamptes aan diens moed in te praat. Sy het ook die naasbestaandes van die oorledenes besoek en gesê die polisie sal aan hulle die nodige hulp bied om hul geliefdes te begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Simpatie met die beamptes se gades en familie.
Geen genade vir die BMW eienaar/bestuurder nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.