Man in hof na polisieman se lyk in veld gevind is

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn 28-jarige man het in die Kimberley-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n polisiebeampte.

Mzwandile Majosi (28) se saak is tot 26 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy sal na verwagting tydens sy volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

Die liggaam van konst. Lentswe Edward Mogorosi is op 8 Januarie omstreeks 5:45 in ʼn veld naby Leratopark gevind. Hy het verskeie steekwonde aan sy gesig en lyf gehad.

Die Valke het vinnig leidrade opgevolg en Majosi is in hegtenis geneem. Persoonlike items, wat aan Mogorosi behoort het, is in die verdagte se besit gevind.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is die motief vir die moord nog nie bekend nie en vorm dit deel van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Motief vir die moord? Dis dan een van ons land se nasionale sporte!!!

Linda v d Merwe ·

N lewe in SA is minder werd as die mes wat gebruik word om te moor. Strawe te lig. Bring doodstraf terug!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.