Man in hof ná rasse-uitlating oor Diwali

Argieffoto

Argieffoto

Johannes David “Dawie” Kriel het Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn ná hy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het rakende Diwali-vieringe.

Kriel staan tereg op aanklag van crimen injuria nadat hy op Facebook geskryf het: “To those idol worshippers and devil disciples who buy them in the name of religion, p*ss- off to your dark hole in the backwoods of India you d*ckhead.”

Staatsaanklaer Roshiela Benimadho het aan die hof gesê die staat is in kennis gestel dat die beskuldigde beplan om skuld te bely in die saak.

Kriel het dit ook aan landdros Thema Sishi bevestig. Die saak is tot 17 Januarie uitgestel waar Kriel formeel sal pleit.

Diwali is die Hindu- fees van ligte, en simboliseer vir gelowiges die oorwinning van lig oor donker, goed oor kwaad, kennis oor onkunde, en hoop oor wanhoop.

Die Diwali-vuurwerkvertoning in Durban is jaarliks ʼn twisappel tussen diereliefhebbers en diegene wat Diwali met vuurwerke wil vier.

Maroela Media het vroeër berig Kriel het die inskrywing vinnig verwyder en om verskoning gevra. Hy het gesê hy het die aand met troeteldiere gewerk wat deur die vuurwerke geraak is. “Ek was so emosioneel toe ek die inskrywing gemaak het. Ek het dit vinnig uitgevee, maar dit was te laat. Ek verstaan dat dit pyn en woede veroorsaak het, maar ek wil ook graag hê hulle moet my pyn en woede verstaan toe ek met die diere gewerk het,” het Kriel aan East Coast Radio gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Manie ·

Jy kan jammer sê soveel as wat jy wil. Dit gaan geen verskil maak nie. Jy het moeilikhed wat jy nie kan hanteer nie.

Grietjie ·

Ek hoop regtig ‘n afrikaner leier vat hom vas…dit was onnodig en aspris. Hier IS nog godsdiensvryheid in dié land..

Nicky ·

Manie en Grietjie die man het dit nie teen godsdiensvryheid nie maar teen die gepaardgaande vuurwerke. Julle weet duidelik nie wat vuurwerke aan diere doen nie.

Anne ·

Ek stem saam met jou Nicky dit gaan oor die diere in die geval, party mense is darem so kleinserig wees.

popeye ·

I am looking for a book… what book?.. Facebook. Bly weg van daai QuaQua as jy dit nie kan hanteer nie!!!

Eend ·

Jy is reg. Delete julle facebook en twitter profiele as julle nie 100% selfbeheersing altyd het nie.

jaco ·

Hoekom het hy dan niks oor die vuurwerke van Guy Fawkes Dag gesê nie? Watter afgode word dan aanbid? En watter afgode aanbid ons klapperskieters op Nuwejaar?

Nicky ·

Ah duh jaco want toe hy die aanmerking gemaak het was dit nie guy fawkes of nuwejaar nie. Dit gaan oor vuurwerke en diere ongeag die dag.

Juan ·

Leer die mense nie van social media af nie? Ons sien dit nou oor en oor hoe mense hulle self in moelikeid kry.. as jy iets het om te se se dit maar saggies in jou kop op vir jouself asb

agge nee man ·

Juan,
Ek stem saam…Ek kan wragtig nie glo dat daar nogsteeds mense is wat en facebook ens sulke uitlatings maak nie. Daar was ‘n groot ophef oor Penny Sparrow het ou Dawie nie daarvan gelees of gehoor nie.?
Ek haat natuurlik die klappers en kry die diere baie jammer.
Verder weet ek nie waarom kleef ons so aan die Yanks se Guy Fawkes dag (wat reeds verby is)…hoe raak dit ons?

agge nee man ·

Jammer ek besef nou eers Guy Fawkes ‘n Britse instelling

Pop ·

Hoeveel witmense is al deur facebook aangekla. En hoeveel swartes. Bly weg van facebook???

Jan ·

Ek het opgehou om Talk Radio 702 te luister toe die afrikaner vroeg-oggend verguis is op 16 Desember. Niemand daaroor aangekla nie.

Etienne ·

Hhmm, verbeel my ek onthou iets van my katkisasiedae of oor vreemde aanbiddings wat nie geduld sal word nie en jaloesie daar om trent.Gaan weg van my – ek ken julle nie verdraaide geslag ! Toe jul my moes vereer het jul geswyg ….

Donovan ·

Amen ou Etienne… die lewe gaan mos oor die mens deesdae en nie oor God nie…

snoefie ·

sapd is skuldig as hulle hulle werk gedoen het sou duwali vierders, guy Fawkes aanhangers, kersfees klapperskieters en nuwejaarsvuurwerke vertoners geweet het niemand mag vuurwerke of klappers in beboude gebiede afvuur nie. sapd behoort noual kennisgewings op te sit wat waarsku teen die afvuur van vuurwerke en klappers op enige datum in beboude gebiede. self sover gaan om te verduidelik wat n beboude gebied is.

vonnie ·

Stem Snoefie. Wetstoepasing is n grap in ons land. Tuinvullis word vir maande op sypaatjies gelos, stopstrate is vir doe voels, straatvekope en dwelm smouse gaan onverstood aan. Geen wonder mense begin oorkook van vrestrasie nie.

dailystormerdotcom ·

Nog ‘n mens in die hof nadat hy sy reg van vrye spraak op ‘n sosiale netwerk beoefen. Ons leef so waar in die donker eeu, ek was nie altyd streng gelowig nie, maar die profesie van openbaringe is vreeslik gelyk aan ons politieke toestande vandag.

Whitey ·

Ag ja NET BLANKES word vervolg oor rassisme .. of hulle nou na bobbejane of na diwali verwys of iemand in ‘n kis indwing (sonder om hom dood te maak) dit sal altyd NET die BLANKES wees .. so die wette wat oppad is oor haatspraak sal net van toepassing op Blankes wees . KILL BLACK en KILL THE BOER en SHOOT ALL BOERS with my BAZOOKA en SLAUGHTER all WHITES sal niks oorkom nie. Moet NET NIE WIT WEES in SA en na enige anderskleurige point nie.

Jan maak n Plan ·

Hoekom is dit net witmense wat in die hof beland as hulle sogenaamd rassisties is. As die gene wat sogenaamd anders kleurig soos bv daai tuks student, rassisties is, kom daar net mooi niks van nie. Ek wonder nou wie is die eintlike rassiste?????

Swanna ·

Jan ek vra dit ook. Wat van hulle rassistiese aanmerkings. Omdat hulle na die tyd se ” sorry mistake” word hulle dadelik vergewe. Ons moet dit nie daar laat nie en dit ten volle aan die klok hang. Al moet ons die staat aan kla om dat hulle voete sleep daaroor. Want wat ek agterkom is dit die staat wat Dawie hof toe sleep nie die Diwali fees gangers nie maar my gevoel se vir my
die staats aanklaer is een van die feesgangers en nou gebruik hy die staat tot sy voordeel.

callie ·

As ek op sosiale media moet kwytraak wat ek binne in my voel oor mense wat klappers in beboude gebiede afvuur sal ek seker voor n vuurpeleton staan. Eendag het n oom vir my gese, gaan kyk wat doen n persoon aan sy diere, dan sal jy weet of hy n dier of n mens is. Iemand wat klappers in beboude gebied afvuur, het volgens wat ek beleef het deur mense aan sy stelling te meet, dit nie gemaak as menswees nie.

Piet ·

Ons leef beslis in die eindtyd. Diere het belangriker as mense geword.

Jenny ·

Dit is hoekom ons blanke mense so sleg af is, ons gee nie meer om vir ons Christen geloof nie. As ek so kyk dan sien ek maar min opregte Christene. Ons land het opregte Christene nodig wat die Almagtige Skepper liefhet en vir Hom sal opstaan. Ja ek kan verstaan dat hierdie man kwaad is vir hierdie vuurwerke wat ons diere in ‘n toestand laat, ek sien ons diere hoe verwilderd hulle raak wanneer die met vuurwerke geskiet word. Hulle kan nie diep genoeg in ons huis wegkruip nie. Dit is verskriklik die vrees wat hierdie diere het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.