Man in hof na ‘rasvoorval’ met landdros

Die landdros se motor. Foto: Verskaf

Die landdros se motor. Foto: Verskaf

ʼn 21-jarige man het Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn landdros die k-woord toegesnou en sy motor se vensters met ʼn hamer stukkend geslaan het.

Die voorval het glo Maandag naby die Montana-hospitaal noord van Pretoria plaasgevind. Die landdros, Jerry Mphafolane Koma, se 12-jarige dogter was glo in die motor tydens die voorval. Dit is nog nie duidelik wat tot die beweerde voorval gelei het nie.

Die jong man is in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn. Hy word aangekla van crimen injuria, intimidasie en kwaadwillige saakbeskadiging. Die saak is glo tot Maandag uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Xa ·

Mense met humeurprobleme sal regtig van nou af moet begin pille daarvoor drink of watookal help om hulle te kalmeer, en beslis hul social media profiele delete, maar sulke “ras”voorvalle kan maak dat ons almal nog daarvoor gaan boet.

ou tannie ·

Stem saam. Hierdie is onaanvaarbaar. Veral met n kind wat in die kar sit. Geen rede daarvoor kan dit regverdig nie. As dit n wit kind was in die kar was almal op hol

ou tannie ·

Stem saam. Geen rede regverdig sulke optrede nie. Veral met n kind in die kar.

JaNee ·

Ek stem. Leer selfbeheersing aan en om jou humeur te beteuel. Of drink rescue pille. A nee a, mens tree nie so ongevoed ongemanierd op nie. Word groot!

Blinde Sjambok ·

…steeds geisoleerd, maar die frekwensie van rassistiese uitbarstings soos hierdie neem toe. ‘n Welbekende vorige SA sigaret-maatskappy het hul verteenwoordigers met luukse ingevoerde Amerikaanse sport-motors toegerus met die handelsnaam duidelik sigbaar daarop as advertensie met een sterk vereiste …nooit, maar nooit mag die toeter gebruik word tensy as pro-aktiewe waarskuwing! Vir selfs die grootste idioot op jou pad wat die grootste flater begaan moet jy glimlag, vriendelik waai en wegry …geen toeter of middel-vinger! Miskien ‘n veilige kunsie om aan te leer in vandag se lewe…

Martin ·

Antonie en Boerseun, julle is verkeed hoor. Dit werk nie so nie. Hierdie is nou ‘n jong man van een en twintig. DWS hy is homself volgens wet verantwoordaar vir wat hy sê en doen. Waar dink julle twee gaan julle hero opeindig. Nogal met ‘n Landros. Miskien sal dit sy ore oopmaak, en hopelik kan julle ook iets hier uit leer. Hierdie is nie meer die tyd en plek vir sulke dinge nie.

JaNee ·

Xa het ń goeie punt hier beet! Dis tyd dat almal besin oor hoe hul optree. Maar dis hoekom ons land geen goeie voorbeeld het van n president wat ons land regeer en ons burgers geen respek vir hom het dat ons maak en breek en brand en steel en verwoes en geen respek vir ons medemens of ń lewe meer het nie.

Boerseun ·

Xa. Hoekom gaan jy en jou DA (ou NP) brigade nie maar aus toe nie. Tyd dat jy besef dat geen euphoria hier sal bestaan en dat ga.kruip jou nerens gaan bring nie.

gerty ·

Waarom moet die DA altyd afgekraak word? Elke keer as daar kommentaar is het iemand n bekvol oor die DA. Is hierdie kommentaarblad net beskore vir ver regses met groot bekke en geen breins nie,? En wat ook nie eintlik kan spel nie.

Riaan ·

wit mense begin gatvol te raak maar dis nie dis nie nodig om jou so te gedra nie

Anti afrikaner ·

Ek dink ‘n mens moet maar eers die volledige storie hoor voor die Afrikaners weer op mekaar draai soos dit maar hulle kultuur is.

Alien ·

Afrikaners is eintlik baie rustige mense, sien eerder die snaaks in ‘n situasie, vat lank om kwaad te word maar die dag as Afrikaner sy g@t wip is daar moeilikheid.
Ons word daagligs uitgetart, hoe moet ons kalm bly? Elke persoon het sy limiet en voor jy jou kan kry is jy so blind van woede dat jy dink nie wat jy doen of se nie.
Ek was al in so situasie, hoe meer my verstand vir my se om te stop, hoe meer het my emosies en my gevoel van “vandag neem ek ‘n standpunt in” oorgeneem.

JaNee ·

wanneer jy jou humeur verloor het jy klaar verloor. Dis tyd dar ons koel en kalm besluite neem en nie emosionele besluite nie.

Kaspaas ·

Met Blankes wat uitgesluit is van die demokrasie, gaan sulke voorvalle net meer word want blankes raak gaaivol vir swart op wit rassisme

Lance ·

Niemand glo ek tree net so op nie ….dis nie reg nie …iets moes geneur het wat SO n reaksie tot gevolg gehad het ….maar dit maak dit nogsteeds nie reg nie

Vicus ·

Maroela, julle nuusberigte is soms baie onvolledig en behoef aandag. Ek sou graag wou lees”na bewering was die rede vir die jongman se optrede…..”. Iets moes gebeur het en n goeie joernalis probeer altyd om albei kante van die saak vas te stel.

lynette ·

Ek wonder weer of die jongman nie ook swart was nie want waarom word hy vir Crimean injuria aangekla en nie rassisme nie? Laat mens dink.

steve ·

want rassisme is nie op die stadium n kriminele oortreding nie maar we’ll Crimean injuria

Flippie ·

Maroela vind vir ons uit wat sit agter die kap van die byl, voor dat ons nou onnodig dinge sê. Miskien was daar ‘n geldige rede. Die landros het die ou dalk “umlungu” genoem.

Witblits ·

Tikkende tydbom, die haat en rassisme van die born frees. Wit en swart. Baie erger as vorige generasies.

Theresa M ·

Die media is vinnig om almal te vertel van die sleg wat die witte gedoen het. Maar wat die swarte gedoen het is onbekend. Hulle is net deesdae heeltyd die “slagoffers”. Alle stories het twee kante.

Ahooy ·

En Jerry is natuurlik totaal onskuldig in hierdie storie.
Soos n taxi bestuurder was dit mos sy “reg” om eerste te ry na hy tweede gestop het by die stopstraat. En as Landros mag geen niemand hom tot ander insgte probeer oortuig nie. — veral nie n 21 jarige blanke man nie. En die speedcops sit iewers agter n boom met n kamera. Hulle is noooooooit in spitstye te sien om wetstoepassing toe te pas nie. En Jerry het seker ook gereel dat hy geen borgtog kry nie. Baie lekker in SA!

Piet Pompies ·

Ons almal is gebore en was afhandlik van ons ouers (sorg), op ouderdom 3 was alles myne-myne. Tot omtrent ouderdom 12 het ons alles geglo wat aan ons vertel is, ouderdom 17 betree ons die rebellie fase, wil alles maak en breuk na ons sin, op ouderdom 19 behoort volwassenheid (verantwoordelikheid) in te tree. Op 21 is jy ‘n groot mens……..tensy jou rebellie heeltyd ‘n ondersteunings platform behou het soos ouers wat dit ondersteun of bende bedrywighede. My vriend, jou moeilikheid is geboek.

JaNee ·

Die probleem van deesdae se meeste jong mans (en ek het self so seun) is dat hul dink hul kan maak en breek en sê wat hul wil. Hul wil nie verder leer nie maar verwag alles moet in hul skoot val. Hul soek ń mooi motor wat hul nie wil betaal en goeie werk waar hul die heledag kan sit op die internet sonder om te werk. En wanneer hul wasrskuwings ontvang van hul werkgewer is dit nooit hul skuld nie, altyd ander s’n. Hul lieg en bedrieg en steel hul ouers se geld. Pappa en Mamma moet nog hul medies en korttermyn en selfoon betaal en groceries koop. Shame die arme bloedjies. Plaas ons die aaklige psigopatiewe kinders help deur hul niks in te stop nie en leer dat hul self moet werk vir wat hul wil hê. Een van hul trademarks is om so aggressief op te tree.

charlene ·

1ste Ou tannie – jou agterkant
Daar was in `n kind in die kar, as die kind nou wit pink of swart is – dis `n kind.
Daar is dalk `n rede hoekom die man so boos was maar kon dit ander hanteer het, en veral op `n manier hanteer het waar daar GLAD nie `n kind was nie. Maar die landros moes iets gedoen het, hetsy goed of sleg.

Willie ·

Hier dog ek nou dis altyd die Landros wat die hammer slaan….

Hendrik ·

Die algehele diskriminasie wat teenoor die blankes plaasvind die afgelope 22 jaar het tot gevolg dat ons as blankes nou genoeg gehad het. Die swartgemeenskappe verwag net meer en meer want ons is skuldig. Ons is tans besig om ons agterend af te werk om die skip bo te hou en kan eintlik nie meer nie. Na al hierdie paar weke se nuusberigte en die rasse negatiewiteit teenoor mekaar het daar so gedagte by my opgekom. Is dit nie maar tyd dat ons paaitjies weer skei nie……want dit gaan net erger raak.

Xa ·

Duidelik wil hulle nie die witmense vergewe nie (en inelkgeval is Jong witmense nie skuldig eers aan stem in die ou dae nie) en sal ons maar net as n scapegoat Bly gebruik vir hul eie foute, so die situasie is nie volhoubaar nie.

Charl ·

He he – so ons het genoeg gehad na 22 jaar – hulle het darem 44 jaar uitgehou

Willie ·

Met die reeds verlamde verkeer in PTA, is die nuwe Areng Bus Initiatief mos die jag plek van die Taxi’s. Hulle hou opstelik die verkeer vas, sodat hulle mede Taxi vriende kan ry. Blaas net jou toeter vir hulle, en hulle gooi jou twee middle vingers op die maar van die musiek… Maar nee hulle blaas niks aan nie… mos verhewe bo die wet….

sarie van Heerden ·

Maak nie saak wat die redes was vir die woedeuitbarsting nie, maar DINK voordat jy ‘n flater begaan en ander mense ook in die skande steek. Hierdie was swak gedrag en onverskoonbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.