Man in hof ná skietvoorval op plaas

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn begrafnisganger op ʼn plaas in die Otto’s Bluff-gebied naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet het, het Dinsdag in die landdroshof in New Hanover verskyn.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het bevestig Edward Solomon (66) het ʼn vlugtige verskyning in die beskuldigdebank gemaak. Die saak is tot 9 Januarie uitgestel wanneer Solomon om borgtog sal aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Solomon is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn man op sy plaas in die Cramond-distrik doodgeskiet is.

Volgens die polisie het talle mense ʼn begrafnis van die Lembethe-familie op die plaas bygewoon. Solomon het na bewering met ʼn vuurwapen by die begrafnis opgedaag en daarop aangedring dat die mense die plaas verlaat. “Toe een van die begrafnisgangers met hom gaan praat het, het hy hom na bewering geskiet voordat hy in sy voertuig van die toneel gevlug het,” het Gwala vroeër gesê.

Die slagoffer is in sy bolyf gewond en is op die toneel dood verklaar. Times Live het intussen die oorledene as Mothiwa Ngubane geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chrisjan ·

Daar is ‘n video oor die insident wat die polisie se eensydige weergawe verkeerd bewys en meer na selfverdediging lyk.

Shamble ·

Jis julle is vinnig op die BOERE om hulle in die howe te kry terwyl ander moordverdagtes heerlik voor die TV sit en wag om verhoor te word, indien dit ooit gaan gebeur. Land met geen betroubare juridiese sisteem meer nie. Julle kan dit verdedig soos julle wil .. dit is eintlik in shambles.

Cherokee ·

Met wie praat jy? Of praat jy net in die wind?
Ek hoop jy weet.

pieterdp ·

Kyk op F book is n vidio klip. Hy het geen vuur wapen in sy hand gehad nie en het in die bose in gerutereur. Soos hy vir sy meunde aan valer agter hom aan is.
Was dit nou uit self vir dediging wat hy op sy aan valler ge vuur het om weg te kom. Dit sal ek eerxer gloo. Daai man was onder gewelduge druk.
Kom ons skep n vons en hel hom met sy regs koste.

Cherokee ·

Hy het nog nie Herman Toerien se nuutste nuus-kommentaar (die een oor Afrikaans) gelees nie, hendrik.

JoeV ·

Kom ons gooi klippe, Hendrik, dit is “Jô” , niemand kyk na ons taal nie, as ons dit nie self doen nie…. hier is die re sul taat, of self vir dedig ging ….. of iets. Gloo dit!

PJC ·

Dit klink nie vir my logies dat hierdie ou sommer sou skiet sonder enige rede nie. Daar moes een of ander bedreiging of provokasie gewees het. Hy beter versigtig wees dat iemand nie die feite probeer manipuleer om hom skuldig te maak nie. Hoekom is hy in die eerste plek toegesluit as hy nie ń vlugrisiko is nie.

Koos ·

Wie weet? Het Oscar geskiet sonder enige rede? Het sy storie logies geklink vir jou? En hoe moet hy nou versigtig wees dat iemand nie die feite manipuleer nie? O genadetjie tog…

JoeV ·

Glo ook nie die man sou sonder enige rede op groep mense losbrand met pistool nie. Nie genoeg ammunisie nie, ook nie rede nie. Klink eerder of hy dalk gaan praat het toe iemand daar dalk wou slaan of iets.

Suzette Mcdonald ·

Dis n geweldige probleem vir boere. Ons is so blootgestel. Wie begrawe en wie spioeneer. Dit maak boere agressief. In dorpe is dit duur, nou wil mense sommer op die plaas begrawe van n oeroupa wat daar eens op n tyd gewerk het. Agterna eis hulle om elke jaar die grafte te kom skoonmaak. Ons word so blootgestel aan misdaad. Dis maklik om te praat as jy in n stad op n erf bly. Hoekom kan Johannes wat in jou tuin werk se vrou nie in jou agtererf begrawe word nie? Vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.