Man in hof ná stemlokaal brand

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn Noordwes-skool, wat as ʼn stemlokaal sou dien, enkele dae voor die verkiesing aan die brand gesteek is, sal dié week weer in die hof verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê Moto Joshua Motlhabane (53) het Vrydag in die Atamelang-landdroshof verskyn op aanklagte van brandstigting en roekelose en nalatige bestuur.

Motlhabane is die gemeenskapshoof van die Tlhakajeng-gedeelte van die Kraaipan-nedersetting.

Volgens Mokgwabone spruit sy hofverskyning uit ʼn voorval op 3 Mei toe onbekende verdagtes die Tlhakajeng Primary School met klippe bestook het. ʼn Onbevestigde getal gemeenskapslede het die oggend by die skool ingestorm en die skoolhoof gedwing om leerders opdrag te gee om hul klaskamers te verlaat.

Hulle het daarna die skool verder met klippe bestook en aan die brand gesteek. “Volgens die polisie se inligting het die beskuldigde die skoolperseel in sy voertuig verlaat, maar die voertuig het ʼn ent verder omgeslaan weens roekelose en nalatige bestuur. Hy is in die hospitaal opgeneem weens beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het,” het Mokgwabone gesê.

Die brand by die skool is deur plaaslike brandbestryders geblus, maar uitgebreide skade is aan die gebou, meubels en toerusting aangerig. Die skool kon dus ook nie meer as stemlokaal dien vir die nasionale verkiesing soos beplan nie.

Motlhabane sal op 17 Mei weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lerato ·

Moet asb nie die skool herstel nie. Gee toe aan die gemeenskap se wense. Hulle wil nie n skool hê nie, so moenie ‘n skool op hulle afdwing nie.

Ben ·

Stem Saam met Lerato. As die gemeenskap nie ‘n skool wil hê nie, moenie verdere belasting betaler se geld mors nie. Enige verantwoordelike persoon sal nie ‘n skool aan die brand steek nie nie want jy benadeel nou ook ander mense. Hierdie onnodige brandstigting verarm almal en

Gert van Wierdapark ·

Wat doen ‘n “Gemeenskapshoof” nogal. en wie stel hom aan, of is dit soos in Markus Jooste (Steinhoff) se geval waar hy sy eie Bonusse en salaris-verhogings aanbeveel EN goedgekeur het? Wie betaal die G/hoof se salaris, is hy in aanhouding en wat van moontlike dronkbestuur? Kraaipan sal natuurlik nooit weer dieselfde wees nie danksy die Flippen man se optrede!!!

Hendrik ·

Liberation before education is nog steeds die geval…….sal NOOIT stop nie, kyk maar na die res van Afrika

Dienkie ·

Lerato, ek stem heelhartig saam met jou. Hierdie skool moet nie herstel word nie. Indien hulle die skole wil afbrand moet hulle nie kan skoolgaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.