Man in hof ná tiener se moord

Vroue betoog buite die hof waar Tshepo Manyiki (32) verskyn het in verband met dei moord op Nombuyiselo Nombewu Foto: ANA

ʼn 32-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 15-jarige meisie vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het, het Maandag sy aansoek om borgtog in die Klerksdorp-landdroshof laat vaar.

Tshepo Manyiki het vlugtig in die hof verskyn en deur sy regsverteenwoordiger gesê hy wil nie meer aansoek doen om borgtog nie. Hy het ook aan die hof gesê ander gevangenes het hom gedreig toe hy van Potchefstroom na die hof gebring is.

Sy saak is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy staan tereg op aanklag van moord.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Nombuyiselo Nombewu by Jouberton x7 naby Klerksdorp vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het. Sy is laas op 12 Mei gesien toe haar ouma haar na een van die bure gestuur het. Sy het nie huis toe gekom nie en is op 13 Mei by die polisie as vermis aangemeld.

Haar verkoolde liggaam is op 14 Mei in ʼn oop stuk veld gevind. Manyiki is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

Ontstoke inwoners, hoofsaaklik vroue, was in die hof. Hulle het later buite die hof gesing en gejuig dat hy nie aansoek gedoen het om borgtog nie. “Ons sê nee vir borgtog vir dié een!” het een van die plakkate gelui wat hulle rondgeswaai het.

Manyiki het ook in dieselfde hof verskyn op ʼn afsonderlike aanklag vir die verkragting van ʼn minderjarige.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos1 ·

Ek lees nou net die stuk oor Coliny en raak verbaas. Twee wit boere word van die dood van ‘n swart kind verdink. Hulle het redelike verduideling dat dit ‘n ongeluk was, maar die dorp brand en alles word geplunder.
Hier word ‘n man (swart?) verdink van die brutale moord op ‘n 15 jarige (swart?) en daar word betoog, mooi rustig met plakaarte en alles.
Albei die tonele speel af in NW. Is dit dan nou dubbel standaarde of rassisme? Hoekom brand Klerksdorp nie nou ook nie? Is daar ‘n 3de mag aan die werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.