Curtis Felkers van Windvogel het op 19 September die eerste keer in die hof verskyn op verskeie aanklagte insluitend strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur sonder ʼn lisensie. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die vierjarige seuntjie is op 18 September deur ʼn motor getref en ʼn paar meter ver gesleep.
Die voorval het omstreeks 17:45 in Bloemendal plaasgevind. “Die kind se ma was besig om in ʼn minibustaxi te klim toe ʼn blou VW Golf die kind teen ʼn hoë spoed getref het,” het sy gesê.
Die kind is ʼn paar meter ver onder die voertuig gesleep voordat die motoris glo van die toneel gevlug het sonder om stil te hou.
Volgens ooggetuies was daar twee mans en ʼn vrou in die motor.
Die mense in die motor was glo op pad huis toe ná ʼn begrafnis.
Kla die ma van die oorlede 4jarige seuntjie ook aan asb. Die ma moes die kind se veiligheid eerste gestel het deur die kleuter eerste in die minibus te tel alvorens sy ingeklim het.
Ek stem saam Lettie, ek maak altyd eers seker my kinders is in die kar voordat ek in klim. Dit is te laat in elk geval om nou te wil staan en huil ens. Die arme kind is dood en niks sal hom terugbring nie. Too little too late.
Die ma moes dalk eerste inklim om plek te maak vir die kind op haar skoot……
Ek glo nou weer dat die Taxi bestuurder in die middel van die pad stilgehou het, dalk was daar nie tyd om te kon stop nie.
Ek glo nou weer dat die Taxi bestuurder in die middel van die pad stilgehou het, dalk was daar nie tyd om te kon stop nie..
sylvia sy moes hom ni in di pad neer gesit het nie di taxi het heel waarskynlik in die pad gestop soos wat hulle maar maak, sy kon hom in haar arms gehou het, letti en inge ek stem saam met julle