Man in hof ná tweede aanval op Greyton-vroue

Twee vroue is die afgelope ruk in Greyton in die Wes-Kaap in hulle huise beroof. (Foto: Greyton Tourism/Facebook)

ʼn Drie-en-twintigjarige man verskyn na verwagting later vandag in die hof op Caledon ná twee aanvalle op vroue op die dorp die afgelope ruk.

ʼn Ses-en-sestigjarige vrou is Vrydag by die ingang van haar huis op Greyton aangeval en ernstig aangerand. “Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling,” het kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê.

“Die Genadendal-polisie het ʼn opsporingspan saamgestel om na die verdagte te soek en hy is kort daarna in hegtenis geneem.”

Van Wyk het gesê die man is van Heuwelkroon en het nog van die slagoffers se besittings by hom gehad.

Ná verdere ondersoek en ondervraging het die man erken dat hy ook by ʼn aanval verlede Saterdag betrokke was. Tydens dié voorval is ʼn 65-jargie vrou óók in haar huis op die dorp oorrompel. Die vrou is ernstig beseer tydens die voorval, het Van Wyk gesê.

“Die ondersoekbeampte het ook die gesteelde selfoon, bankkaarte en die slagoffer [van Saterdag se aanval] se ID in die verdagte se huis gevind en hom só met dáárdie voorval verbind.”

Van Wyk het gesê die man word aangekla van gewapende roof, poging tot moord en ernstige aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lou ·

Geen plek in SA spring misdaad vry nie. Greyton is die mooiste rustigste plek wat jy jou kan voorstel en nou is dit ook nie meer so rustig nie. Ten minste werk die Polisie nog in daardie geweste.

KaterinaKat ·

Ek onthou toe ek so 23 jaar oud was, was ek en my kerel en sy ouers vir n naweek daar. Ek onthou ook hoe rustig en landelik Greyton was, soos n klein hemel op aarde was dit. Maar ja, dis Suid Afrika so geen plek sal onaangeraak bly deur misdaad en geweld nie.

Sê maar net ·

Dit is wel kommerwekkend dat ‘n jong man van 23 jaar oud, sulke dade pleeg. Hy het die geleentheid gehad om Matriek te voltooi, kon moontlik iewers gaan studeer. Want deesdae as jy nie finansieel dit kan doen nie, help iemand jou. So, wat is sy verskoning om net te roof en te plunder?

Michael P ·

En so besmet die ANC elke stad en elke klein rustige dorpies met sy misdaad beleid. Het nog altyd geweld en afbreek afbrand moord goed gekeur nou hoe sal dit ooit reg kom

Jannie van Niekerk ·

Dis nie net Greyton nie. Verlede jaar is Piet en Elmien Steyn op hulle plaas by McGregor vermoor. Dit is die dorp wat Greyton verbind met die staproete oor die berg.
Die hartseer van die saak is dat die ANC regter die krimmineel binne ‘n halfsekond gaan vrylaat en dat Ramaphosa en sy trawante ‘n medalje van dapperheid aan die potensiële moordenmaar gaan toeken. Dit is mos baie dapper van ‘n 23 jarige ANC/EFF ondersteuner om hulpelose bejaarde vrouens aan te val.

Christa ·

Die skuim van SA is maar oral. Niemand is nêrens meer veilig. As EK terugdink aan die ou dae Waar Kinders nog buite kon speel. Nou Moet kinders tussen twee mure sit en selfs daar is hulle nie veilig nie.

John ·

Mskien moet Greyton se dorpslui hul beleid hersien van geen diefwering of sekuriteitsnetwerk nie om die landelike karakter te behou. Een van die vroue wat aangeval is, het glo uit Zim om veiligheidsredes in Greyton hervestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.