Man in hof ná verkragting op Oos-Vrystaatse plaas

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Agt-en-twintigjarige man het in die landdroshof op Bethlehem verskyn vir die beweerde verkragting van ʼn vrou op ʼn plaas in die Oos-Vrystaat vroeër vandeesmaand.

Die saak teen hom is tot aanstaande maand uitgestel sodat die beskuldigde ʼn regsverteenwoordiger kan aanstel, het konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, gesê.

Die man word daarvan beskuldig dat hy ʼn 55-jarige vrou op 12 September in haar plaashuis oorrompel het. Sy was in die bad toe haar vermeende aanvaller glo ʼn spaarsleutel gebruik het om die huis binne te gaan.

Hy het haar na bewering verkrag voordat hy van die toneel gevlug het, het Lebakeng gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vrou het na bewering probeer terugveg. Sy is onder meer gewurg en het verskeie kneusplekke in die aanval opgedoen.

Die vrou woon meestal alleen op die plaas. Sy boer nie self nie en verhuur die grond.

“[Die verdagte] is uiteindelik op 16 September deur lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, lede van die misdaadintelligensie-eenheid en Bethlehemse speurders in Mashaeng in Fouriesburg aangekeer,” het Lebakeng gesê.

Die bevelvoerder van die Bethlehem-groepering, genl.maj. Jan Tsotetsi, het die inhegtenisneming verwelkom en diegene bedank wat gehelp soek het na die vermeende verkragter.

“Die gemeenskap speel ʼn belangrike rol om die polisie te help om misdaad op te los. Ek moedig dus gemeenskappe aan [saam met die polisie te werk], eerder as die reg in eie hande te neem,” het Tsotetsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JC ·

Hoop die polisie en hof weet in sulke gevalle is daar geen borgtog meer nie.

PJC ·

Dit moet ń angswekkende ondervinding vir ń vrou wees om in die bad deur so ń gemors gekonfronteer te word. Ek wonder ook hoe het hy die spaar sleutel bekom. Het sy dalk ook ń huiswerker of ń tuinier?

LoodKurkprop ·

.
.
Jy bly in Suid-Afrika maar besit nie n vuurwapen nie…”the mind boggles”..
.
.

Gaitsigubib ·

Soos met die drosverkragter Kobus, fotos uit elke denkbare hoek. Ewe bedagsaam word die meer negatiewe kommentaar in die drossaak delete, maar sy gesig word aan die wereld vertoon. Almal moet weet hy is wit, maar plaasaanvallers se gesigte word verberg.

Johanna Botha ·

Al die anc planne …en NOU GAAN ONS IETS DOEN …..kyk dit gebeur nog om elke hoek en draai om n daaglikse basis en statistiek wys dit en moord NEEM TOE ! ! ….die anc is useless ….geen polisie geen krag geen diense geen beleggings Rand af vrot van korrupsie …noem maar op ….die anc het SA op sy knee met al sy valse beloftes wat ontaard het in n groot gemors !

Maljan ·

Jy is reg Johanna. Daar moet teen hierdie gemors opgetree word. Vervolg hulle! Laat hulle boet vir hulle walglike dade. Hulle is nie kleuters wat mooi vertel moet word hulle het oortree nie. Dieselfde met die stakers. Hulle reg om te staak en protesteer sluit nie vandalisme, brandstigting, aanranding, intimidasie en plundering in nie. Straf hulle na gelang van die misdade wat hulle pleeg.

Niklaas ·

Plaashuis deure moet nie net met een sleutel gesluit word van binne af nie. Deesdae kan niemand meer gerus en ontspanne voel op n plaas nie. Daar is net te veel gevare soos ons elke week van lees in media. Enkel plaashuis bewoner soos in hierdie dame se geval moet besef hul is teikens en moet meer waaksaam wees. Ek sou.

Sarel ·

Hierdie was nie Plaasaanval nie. Wie het geweet waar die spaarsleutel was of wie het dit in bewaring gehad

Boerseun ·

Waar is daai massas mense se optog nou? Sien nie enige verklarings van vroue ligas ter ondersteuning van die vrou.

Judy Steyn ·

Waar kry hy ‘n spaarsleutel? Hoekom moet skuldige misdadigers nog verdediging hé? Dit is mos tydmors en onnodige geldmors om aanhou die sake uit te stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.