Man in hof ná vrou se moord op N1

Motorfietsryers van Kaapstad het Maandag by die hof saamgekom waar die beskuldigde verskyn het. Foto: Facebook

Die man wat teregstaan in verband met die moord op Zelda van Niekerk, die 45-jarige vrou van Kaapstad wat Vrydag op die N1 beroof en geskiet is, het Vrydag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

Lucien Ackerman (33) word daarvan beskuldig dat hy saam met twee ander verdagtes betrokke was by die aanval Vrydagmiddag op Van Niekerk.

Maroela Media het vroeër berig Van Niekerk het onder die N7-oorbrug op die N1 stilgehou om vir ʼn ander motorfietsryer te wag toe sy oorval is. Sy is beroof en in die maag geskiet en het later in die hospitaal aan haar wond beswyk.

Ackerman is ʼn paar uur ná die voorval in hegtenis geneem. Nadat sy woning in Kensington deursoek is, het polisiebeamptes beslag gelê op ʼn vuurwapen en ammunisie, asook bankkaarte en ʼn bestuurslisensie wat glo aan Van Niekerk behoort.

Die saak is tot 23 November uitgestel en Ackerman bly in aanhouding tot dan.

Motorfietsryers van Kaapstad het Maandag by die hof saamgekom om te eis dat Ackerman nie op borgtog vrygelaat word nie. Intussen sal daar Saterdag ook ʼn massa-motorfietsrit ter herdenking van Van Niekerk gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stella kuys ·

So so onnodig. Kan hul nie maar net haar besittings gevat het nie?

Sophia erasmus ·

Waarom het hy dit gedoen? Was hy bekend aan haar dat dit dalk gereël is of is dit nou maar werr net ń moord tog wat hy en sy makkers doen? Ek aanvaar nie neer ons land se weë nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.