Man in hof ná Witbank-aftreeoord-moord

hof-hamer

(Argieffoto)

’n 36-jarige man sal vandag in die landdroshof in Witbank (eMalahleni) in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op Johanna Rossouw.

Die man het homself Woensdag by die Mondeor-polisiestasie in Johannesburg oorgegee waarna hy in hegtenis geneem is.

Rossouw is Sondag in haar huis in Fuchsiastraat in die Eden Park-aftreeoord oorrompel en vermoor.

Die bejaarde is sowat 30 keer met ’n mes gesteek. Haar hande is agter haar rug vasgebind en ’n mus is in haar mond gedruk. Seep is oor haar gesig uitgegooi.

Maroela Media het vroeër berig ’n ooggetuie het glo die verdagte op die dag van die moord gesien, toe hy met Rossouw se wit Honda Jazz die perseel verlaat het.

’n Ondersoek het die polisie na Krugersdorp gelei waar die motor verlate gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie J ·

Gaan iemand dalk die oord se sekuriteitsdienste ondersoek weens swak dienslewering?

Jean ·

Ek is nie 100% seker nie maar dit klink of die man familie kan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.