Man in hof oor 20 skape in Tazz

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat met 20 gesteelde skape in ʼn Toyota Tazz betrap is, het Woensdag in die landdroshof in Ermelo verskyn.

“Sydwell Dladla (24) moet op 25 Maart weer in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Dladla is Maandag in hegtenis geneem nadat hy die skape in ʼn Tazz geprop het. Hy is tussen Lothair en Mpuluzi afgetrek. “Die beamptes was besig met roetinepatrollie toe hulle die verdagte motor opgemerk het,” het Hlathi gesê.

Sestien van die skape het reeds versmoor toe die man afgetrek is.

Die skape is glo van ʼn plaas in Lothair gesteel.

Die man het die sitplekke uit die voertuig gehaal en die vee daar ingeprop.

Dladla sou Dinsdag in die hof verskyn het, maar het, op pad na ʼn polisiestasie vir verdere ondersoek, uit ʼn polisievoertuig ontsnap. Hy is die middag by sy huis in Fernie, nie ver vandaan hy Maandag in hegtenis geneem is nie, aangekeer.

Thulani Ntobela, hoof van die polisie in Mpumalanga, het gesê die man kan ook van dieremishandeling aangekla word. “20 skape in ʼn Toyota Tazz? Hoe op aarde kan iemand iets só wreed doen? Dit is nogal vreemd en moet ten sterkste veroordeel word,” het Ntobela bygevoeg. -SAPA

Lees ook:
Man vas oor 20 skape in Tazz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

20 Skape in ‘n ToyotaTazz – 40 mense in ‘n Toyota minibus. Bobbejane wat die goed bestuur. Nog ‘n ou wat deur die polisie toegelaat is om weg te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.